Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Die NG Gemeente Môregloed stel hiermee biddend die volgende vakature bekend:
Leraarspos (vaste termyn drie jaar
GEMEENTEPROFIEL
Die gemeente is ’n tipiese voorstedelike gemeente in die noord-oostelike deel van Pretoria (bekend as die Moot), wat tans uit ongeveer 167 belydende en 13 dooplidmate bestaan. Die gemiddelde ouderdom van lidmate is ongeveer 55 jaar.
LERAARSPROFIEL
Die geskikte kandidaat moet
- Oor eie huisvesting binne bereikbare afstand van die gemeente beskik.
- Self voorsiening maak vir pensioen- en mediesefondsbydrae.
- Nie ouer as 67 jaar wees nie.
POSBESKRYWING
Die predikant moet die verantwoordelikhede soos omskryf in Kerkorde Artikel 9 uitvoer met die klem op die opbou van die gemeente en die geestelike versorging van lidmate.
VERGOEDINGSPAKKET
- Die totale TKVI per maand is R20 000.
AANSOEKE
- Aansoeke sluit op 17 Julie 2026 om 00:00.
- Aansoeke moet vergesel wees van ’n verkorte CV (maksimum drie bladsye) met vermelding van twee referente en moet gestuur word aan: kerkkantoorNGKMoregloed@gmail.com
- Aanvangsdatum: So gou moontlik.
- Navrae: Ilse van Hemert 079 426 7904.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
