Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Twee boeke slaan pryse los

ritmes2Tom en Lollie Smith se 7 Ritmes vir Kinders is ’n grensverskuiwende boek. Die skrywers praat verfrissende teologiese taal en die wenke vir praktiese toepassing help lesers (en hul kinders) om hul geloofsoortuigings en volgelingskap van Jesus met hul lewe te integreer.

Met hierdie woorde is die derde Bybel-Media-Cordis Trust-pryse vir Christelike gesinsliteratuur onlangs aan Tom en Lollie Smith toegeken. Christelike Uitgewersmaatskappy was die uitgewer.

By dieselfde geleentheid het Juliana Nothnagel en Johann Strauss die Bybel-Media-Cordis Trust-prys vir Christelike kinderliteratuur in Afrikaans gekry vir Ons eie Kleuterbybel. Dit is ’n uitgawe van Lux Verbi.

ons eie kleuterbybelOor hierdie boek is onder meer gesê: “Ons eie Kleuterbybel maak met die eerste oogopslag ’n treffende indruk. In ’n era waar die visuele ’n groeiende rol speel, val die gehalte van die illustrasies op. Ons eie Kleuterbybel is ’n rare voorbeeld van hoe die geïllustreerde werk die geskrewe woord aanvul en laat lewe.”

Die wenners van elke prys het R7 500 gekry.

 

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top