Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ná Pinkster stuur God ons

Toekomsvenster – God Stuur ons Stiltetydgids
Deur Willem Pretorius
Uitgegee deur Bybel-Media, 2016


Pinkster is pas in gemeentes regoor Suid-Afrika gevier. Die groot boodskap daarvan hou verband met ons gestuurdheid in hierdie wêreld. Die krag van die Heilige Gees hou immers direk verband met die kerk se getuienis in Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die aarde.

Toekomsvenster God stuur onsDie missionale aard en gerigtheid van gemeentes het ’n fokuspunt van bespreking geword. Oral word gesprekke en byeenkomste gereël wat die kerk se roeping en verantwoordelikheid in dié verband ter bespreking neem. Juis daarom is dr Willem Pretorius se stiltetyd-dagboek, God stuur ons, uiters aktueel en tydig. Die nege weke lange reis neem verskeie aspekte van ’n geloofsgemeenskap se “op weg wees” na die wêreld in ag en sluit af met ’n aantal geloofsgewoontes wat in die lewe van gelowiges geïnkorporeer kan word.

Pretorius skryf op ’n verfrissende wyse vanuit die volgende drie merkers:

  • God roep ons in Christus deur die Heilige Gees om gestuurdes te wees.
  • Ons dra die verhoudingskarakter van die drie-enige God met ons saam.
  • Gebroke mense word geroep om ander gebroke mense tot heelheid te help en in die proses self heel te word. Christus help ons in ons gebrokenheid.

Die nege subtemas sluit onder andere in: verhoudings, die inkarnasie van Christus in en deur ons, gemeentewees, konteks en kultuur met die oog op die wêreld.

Die belangrike terme missio Dei (die sturende God), perichoresis (Hy is liefde) asook inkarnasie (Hy woon onder ons) word uitnemend en verstaanbaar verduidelik en geaktualiseer.

God stuur ons is die sesde stiltetyddagboek in die ToekomsVenster-reeks. Gemeentes en gelowiges word uitgenooi om die materiaal te oorweeg, veral as ’n fokus ná Pinkster. Dit gaan saam met funksionele kleingroep-DVD’s wat byeenkomste fasiliteer. Daarbenewens is daar uitnemende preeknotas wat leraars ondersteun indien hulle as gemeente met die temas vorder.

Dagboeke (asook kleingroep-DVD’s) is beskikbaar teen R100 elk (pos en verpakking uitgesluit).

Navrae en bestellings by Drienie: 011 665 2017
www.toekomsvenster.co.za
www.toekomsvenster.bybelmedia.org.za

▶ Ds Jannie Pelser is organiseerder van die inisiatief. Hy kan gekontak word by 083 601 9094.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top