Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hy het so naby ons gekom, ons kan Hom ruik!

JESUS RUIK NA MIRRE EN STOF
Deur Pierre du Plessis
Uitgegee deur Lux Verbi, 2016


By sy geboorte ruik Jesus na mirre, by die kruisiging weer. As timmerman ruik Hy na hout, by sy dissipels op die skuite na vis. Pierre du Plessis wil ons in hierdie boek leer om Jesus opnuut te leer ken – dié keer op ’n unieke, aardse manier. 

jesus-ruik-na-mirre-en-stofStephan Joubert sluit in sy voorwoord tot Du Plessis se boek aan by DJ Opperman se “My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel”, en skryf dat geure ons gedurig omring. Die regte parfuum herinner ons uit die bloute aan ons eerste hoërskoolliefde. Die reuk van reën of die geure van blomme vul ons met vreugde. Asblikke laat ons na ons asem snak … Hy vervolg oor Jesus ruik na mirre en stof: “Jy het nou een van daardie skaars boeke in jou hand wat regtig ’n vars, kreatiewe perspektief op Jesus en op die lewe self bied. Dit huis­ves ’n skatkamer vol nuwe geloofsgeure en vars per­spek­tiewe.”

Jesus, vertel Pierre du Plessis ons, “het so na aan ons gekom dat Hy soos ons geruik het. God het in Jesus by ons kom woon. Die reuke van ons wêreld het aan Hom afgesmeer en sy hei­lige reuk uit­ein­delik aan ons”.

Du Plessis, stig­ter van 3rdplace, ’n ge­loofsge­meen­skap in Pretoria “wat vanuit die rande van die sa­me­lewing funk­sio­­neer”, het ’n won­­derlike boek ge­skryf, ’n boek om te lees en weer ’n keer te lees. – Frits Gaum

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top