Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kom reis saam deur Lydenstyd

40 DAE VAN HOOP
Deur Ronell Bezuidenhout
Uitgegee deur Lux Verbi, 2017
Resensie deur Frits Gaum


In haar eerste hoofstuk, “Reisreëlings vir medereisigers” vertel die gesoute skrywer Ronell Bezuidenhout hoe sy haar “reis deur Lydenstyd” wil bena­der: “Welkom by hierdie reis! Beskou hierdie boek as jou reisgids. Daar is 40 bakens langs die pad, een vir elke dag. Jy sal nie noodwendig elke dag, 40 agtereenvolgende dae lank, by elke baken kan stilhou nie. Soms spoed ’n mens met ’n lang asem van noord na suid op die N1, dwarsdeur die nag, en jy mis die Karoo-landskappe. Dit is ’n haastige reis dié. Anderdag is daar weer kans vir stilhou-stilhou ry …”

In hierdie boek reis die leser saam met Ronell deur die 40 dae van Lydenstyd (of te wel die Engelse “Lent”). Die kerkleiers het in die jaar 313 besluit dat dit spesifiek ’n 40 dae lange tydperk moet wees, vertel die skrywer ons, “omdat enige ontwaking in die Bybel altyd deur die getal 40 voorafgegaan is”. Soos die duif wat die takkie met groenigheid na 40 dae en nagte se stortreën na Noag toe aangedra het. En Moses wat 40 dae op die berg deurgebring het om God se woorde vir sy volk te ontvang. En Jesus wat 40 dae en nagte met Satan geworstel het voordat Hy met sy bediening begin het …

Ronell Bezuidenhout slaag daarin om hierdie “reis deur Lydenstyd” vir elke leser ’n tyd van geestelike verdieping te laat word. Dit is ’n 40 dae lange reis van nadink en regmaak wat jou van versletenheid na vernuwing bring. Dis ’n reis vol uitdagings, ’n reis waar jy jou ou gewoontes bevraagteken en ongemaklike waarhede aanhoor. Die reis lei na hernuwing en hoop, soos die eerste lig wat breek op ’n splinternuwe dag. Dit word in elke opsig ’n moeitewerd-reis.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top