Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kobus van Zyl ontvang ’n kopie van sy boek, Gebed – ’n Lewensreis met God, van Myra Lochner van Kreativ SA, tydens die bekendstel­ling van die boek in die NG gemeente Reebok. Foto verskaf

’n Lewenslange reis met gebed

GEBED – ’N LEWENSREIS MET GOD
Deur Kobus van Zyl

Versorg deur Kreativ SA, 2016


Dr Kobus van Zyl se boek oor die gebed is einde verlede jaar in die Suid-Kaap bekend ge­stel. Kobus is ’n gebore Mosselbaaier. Hy het ná jare in die sendingveld in Kenia en Mosambiek teruggekom na sy ge­boorteplaas, Welbedacht, buite Mosselbaai, waar hy en sy gesin tans woon. Hy is ook as tentmakerleraar betrokke by die NG gemeente Reebok. Tesame met die roeping om ’n voltydse gebedsbediening te begin, het die Van Zyls ’n plek van aanbidding, die Gebedshut, op hulle plaas gevestig.

Die boek is geskryf vanuit die le­wens­ervaringe van Kobus en word aangebied as ’n reisverhaal-met-gebed. Dit omvat persoonlike ervarings wat in ’n gemaklike, informele, narratiewe styl geskryf is. Die ervarings sluit alledaagse stories van familie, vriende, kollegas en ander “medereisigers” in en vertel watter rol gebed in elke situasie gespeel het.

* Vir meer inligting oor Gebed – ’n Le­wensreis met God, skakel dr Van Zyl by 072 349 7948 of die Reebok-kerkkantoor by 044 696 6685 (tydens kantoorure).

▶ Ds Gerhard van Dyk is leraar van die NG gemeente Reebok.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top