Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Uitdaging aan kerke in SA

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Dawie Botes van Vrede-Wes skryf:

Die optogte wat op 7 April in SA plaasgevind het, glo ek is deel van die gebede vir ’n veranderde land.

Sommige sal dit sien as toevallig, maar deur ’n ge­loofs­bril is die Here op pad met die regering en ons land.

Ek daag die kerke in ons land uit en pleit by elke geestelike leier om meer sigbaar te wees in dié tyd.

Die kerke moet juis nou opstaan teen dit wat verkeerd is.

Oor die erge konflik in Rwanda in 1994 het die Katolieke Kerk later gesê hulle vra om verskoning dat hulle nie opgestaan het teen dit wat verkeerd was destyds  nie. Die kerke het nog altyd ’n groot rol gespeel in verandering. Die kerke moet nie slapend in dié tyd wees nie.

 Daarom daag ek die kerke in SA uit om 18 April én verder baie meer sigbaar te wees en deel te wees van vreedsame samekomste, ook by die parlement. Die kerk moet ’n sigbare kompas wees in dié tyd en hoop gee waar ons mense hopeloos begin voel. 

Daarom weer my uitdaging aan alle kerke: Staan op in sy Naam en wees meer sigbaar, moenie bang wees nie!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top