Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Denke oor evolusie

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Albert Alberts van Plettenbergbaai skryf:

Dit is goed dat Pieter Pelser gereageer het op die artikel “Evolusie – dis hoe God ons gemaak het” in die Kerkbode van 2 Junie.

Dit is duidelik uit sy brief dat hy die kreasionistiese denke oor evolusie huldig (soos ook uit al sy boeke oor evolusie blyk). In kort verteenwoordig sy denkwyse dat die aarde wat ’n paar duisend jaar oud is, in ses dae geskape is. Ongelukkig skree die moderne wetenskap daarteen, asook hoofstroom-denke daaroor.

Die volgende denkwyse ná die kreasionistiese model is die model van Intelligente Ontwerp, wat ’n ou aarde aanvaar, maar met elke spesieskepping moes God inspring om dit te laat gebeur. Asof God ’n timmerman was, wat elke keer moes inspring om te help, asof sy oorspronklike plan nie goed genoeg was nie.

Die ateïste het ook op die wa gespring om hulle materialistiese filosofie met evolusie te meng en het ver­klaar dat evolusie hulle in staat stel om intellektuele vervulde mense te wees, met geen rede vir ’n god nie.

In my boek het ek verduidelik dat God die aarde geskep het met soveel potensiaal dat lewe spontaan kon ontstaan en dat hierde oënskynlike doellose pro­ses wel deur God gebruik is om ons, die kroon van sy skepping, daar te stel. Dit is die wese van teïstiese evolusionisme.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top