Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Waardering vir Moreletapark

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marcel Vosloo van Strand, skryf:

Ek is baie dankbaar oor Moreletapark se besluit. Dit het keusetyd in die NG kerk geword. Deesdae word die begrip ‘die NG Kerk is ’n ruim huis’ algemeen gebruik by leerverskille. Dis opvallend dat daar nie verwys word na Bybelse riglyne oor kerklike optrede jeens standpunte wat lynreg indruis teen die openbaring van die Woord nie. Nee, ten alle koste moet ons net onder een dak bly.

Die Christelike geloof staan of val by ons belydenis aangaande Wie Jesus is en wat Sy leiding aan die kerk is. Wanneer die mens / teoloë slimmer as Jesus wil wees, gaan die rooi ligte aan – ja, dan is daar klaar ’n tree te ver gegee.

Jesus se maagdelike geboorte is duidelik volgens Mt 1:18-25 en Luk 1:26-38. Wanneer dit bevraagteken word, word die Skrif en Jesus se gesag en Sy versoeningswerk ondermyn.

Daar word gesê dat  Jesus se woorde moet met ‘n knippie sout geneem word, want Hy het maar net die beperkte insigte van Sy tyd gehad. Die bewysgrond vir hierdie standpunt  is Mt 13:32 waar Jesus sê die mosterdsaad “… is die kleinste van al die soort saad…” en Mk 4:31 “…Dit is soos die mosterdsaadjie wat, wanneer dit in die grond gesaai word, kleiner is as al die soorte op die land.”

As Christene bely ons dat Jesus Ons hemelse Vader aan ons kom bekend stel het. Hy het vir ons die gordyne van die Goddelike en die hemelse kom ooptrek. Jesus  sê aan die Fariseërs in Joh 8:28 “… (dan) sal julle begryp dat Ek is wat Ek is, en dat Ek niks uit my eie doen nie, maar net verkondig wat die Vader My geleer het.” En Joh 8:38 “Ek praat oor wat Ek by my Vader gesien het…”

Byvoorbeeld: Jesus se leiding oor die huwelik – Mt 19:4, en oor satan – Joh 8:44, behoort bepalend vir die kerk te wees. Tog is Sy woorde  skynbaar nie beslissend nie.

Dit blyk dat Jesus se vraag aan Nikodemus in Joh 3:12 vandag weer nodig is “Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel?”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top