God se ware natuur

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Hennie Crous skryf per e-pos:

Homoseksualiteit was eens op ’n tyd volgens alle standaarde, selfs die wêreld s’n, totaal en al onaanvaarbaar. Maar vandag is daar selfs politici – openbare figure wat veronderstel is om gerespekteer te word – wat hierdie leefwyse openlik voorstaan. Hierdie onlangse verskynsel het baie mense se opinies daaroor verander, want hulle vergelyk hulle met ander en sê: “As dié persoon dit doen, of as dié persoon nie ’n probleem daarmee het nie, kan dit nie so verkeerd wees nie.” Die probleem is net daardie politikus was nog nooit jou vergelykingsnorm nie. Dit is ’n ernstige fout om iets wat God veroordeel, openlik voor te staan net omdat iemand anders dit voorstaan – maak nie saak hóé ryk of invloedryk hulle is, of watter posisie hulle beklee nie.