Maanlanding: Het jy geweet?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Dawie Botes van die NG Kerk Welkom-Wes skryf:

Aan boord van Apollo 11, op 21 Julie 1969, was daar behalwe die drie bemanningslede Neil Amstrong, Edwin “Buzz” Aldrin en Michael Collins nog iets aan boord wat baie besonders en spesiaal was, die tekens van die Nagmaal, brood en wyn. “Buzz” was sover ons weet ’n ouderling van die Presbiteriaanse Kerk en sy leraar het die tekens (wat ons Here Jesus ingestel het) vir hom saam gegee in ’n klein pakkie. Nagmaal is gevier op die maan. Buzz het hardop gelees uit Johannes 15:5. Ek is die wingerdstok, julle die lote … Die Here is oral teenwoordig. Sy troos en omgee vir ons het geen perke nie. Dit sou Buzz-hulle ver alleen van bewus gewees het. Buzz het in sy lewe sy eie uitdagings ook gehad maar met die Here by hom. As gelowiges dink ons terug 50 jaar gelede aan iets buitengewoons wat gebeur het. Maar herinner die Nagmaal se gebruik daar ons ook aan die grootste wonderwerk van die kruisiging vir jou en my. Ons hou vas aan die vaste waarhede in die Bybel vir elke dag en vir die toekoms waar ons nie vraagtekens kry nie maar net uitroeptekens kry vir my en jou. Behalwe die drie bemanningslede was die Nagmaaltekens van die Here ook by hulle teenwoordig. Dis wonderlik om ’n mens se hele lewe te bou slegs op Jesus Christus, want Hy is oral teenwoordig, ons Verlosser.