’n Leser vertel: Boere­dag op sy beste

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Christo Jonck van die NG gem Kuruman-Die Oog skryf:

“Nou sien ek weer kans vir die droogte!”

“Elkeen wat hier was het vandag ’n tree nader aan die Here gegroei.”

“Ons is vandag bederf.”

“Die beste Boeredag wat ek nog bygewoon het.”

Dit is van die opmerkings gemaak deur van die 174 boere wat die Pitkos Boeredag in Kuruman (19 September) bygewoon het. Die dag is begin met boe­retroos en beskuit tydens registrasie. Daarna het 63 boere van die geleent­heid gebruik gemaak om gratis hulle bloeddruk-, bloedglukose-, cholesterol- en prostaattoetse deur Pathcare en Arrie Nell se apteeksusters te laat doen.

Die dag is nie net met Skriflesing en gebed geopen nie, maar met ’n biduur vir die seisoen gelei deur ds Kobus van Tonder. Sy tema was: Om die beste te doen in die slegste tye: Blom waar die Here jou geplant het.

Ds Fanie Kriel het die tema hanteer van “Water, geloof en hoop: Hoe gaan ek daarsonder aan?” Sy woorde: “Die Here het nie immigreer en ons alleen hier gelos nie,” het by my vasgesteek.

Dawie Roodt en Willem Basson van die Efficient Groep het met die boere gepraat oor wat in die finansiële wêreld aan die gebeur is.

Toyota het pette uitgedeel, verskeie pryse is geborg deur Würth en Agri­mark.

Twee kontantgeskenkbewyse is uitgedeel en boere kon ook raai wat ’n slagvers sou uitslag. Die wenner het ’n prys van Excelsior Abattoir ontvang.

Die dag is afgesluit met ’n laaste be­derf, ’n heerlike aansit steak-ete geborg deur Karan Beef. ’n Plaaslike gaskuns­tenaar PG Groenewald het musiek gemaak vir die boere tydens die ete.

Die reën kom, ons geloof het gegroei en ons het mekaar weer hoop gegee.