Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Werklik ’n ‘gawe van God’?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marcel Vosloo van die Strand, skryf:

Om te beweer dat die kerk tans kontra-kultureel is met ’n pro-gay standpunt, is doodeenvoudig net nie die waarheid nie. Die kerk is eerder besig om met die huidige kultuurstrome saam te gaan. As die kerk 50 jaar gelede pro gay verhou­dinge was, sou die kerk beslis kontra-kultureel opgetree het.

Wat my ontstel is dat die kerk nie kontra-kultureel met die wêreld is wat die praat van die waarheid betref nie. As persone geneties gepredisponeerd was om seksueel tot dieselfde geslag aan­ge­trokke te wees, moes 100 persent van iden­tiese tweelinge waar dieselfdege­slag­aangetrokkenheid voorkom, ho­mo­seksueel gewees het. Dit is geensins die geval nie.

Verder, die omvangrykste studie ooit oor die oorsprong van dieselfdegeslag­oriëntasie is kort terug bekend gemaak. Hulle bevinding is dat daar nie ’n soge­naamde gay-geen is nie.

Tog swyg die kerk oor hierdie bevindinge.

Ook geesteswetenskaplike navorsing wat bewys dat byvoorbeeld seksuele ervarings kleintyd en die afwesige vaderfiguur ’n onbetwiste rol gespeel het in die ontwikkeling van dieselfdegeslag­oriëntasie, word doodeenvoudig deur die kerk buite rekening gelaat.

Nogtans moet ons hoor dat dieselfde­geslagoriëntasie “’n gawe van God” is.

Hiervolgens oortree die kerk die gebod dat ons geen valse getuienis moet lewer nie. Waar die kerk ’n skynende lig vir die Waarheid – en die waarheid wat pas by sy volgelinge – moet wees, gaan ons eerder saam met die stroom en sien ons net wat ons wil sien, en hoor ons net wat ons wil hoor.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top