Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Skuldgevoel het my oorrompel’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Deon Naudé van Gansbaai skryf: Dissipels van Christus is ernstig hoe ons die Skrif interpreteer. Ek kom uit jeugjare waar my ouers ernstig was om heilig te leef voor mense en die Here want elke woord uit die Skrif was Gods Woord wat tot die fynste besonderheid gevolg moes word om God se strafgerig te ontkom. Nodeloos om te sê, was my jeugjare ‘n intense stryd om minderwaardigheid en oordrewe skuldgevoelens. Ek was oorrompel deur my doemwaardig voor die Here en volkome ontoereikendheid; ek kon net nie daarin slaag om aan die talle eise te voldoen nie. Uiterlik was ek ‘n toonbeeld van ‘n heilige en vrome lewenswandel en het kerkmense my as voorbeeld beskou. Innerlik, het ek egter uitermate konflik ervaar oor sondige gedagtes en begeertes wat voortdurend in my gewoeker het. Toe ek as jong volwassene bewus geraak het dat Christus klaar vir my sondeskuld aan die kruis betaal het en dat my kwytskelding slegs op sy genade berus, is ek bevry van die obsessie om God ten alle koste te behaag en het ek omvattend en toenemend sy liefde ervaar. Hierdie allesomvattende liefde van God dwing my tot versoening en aanvaarding van my medebroer- en -suster. Dit het my versigtig gemaak om te dink dat ek alleen die waarheid beet het. Nou kan ek my medegelowige wat van my verskil, in liefde aanvaar en dien.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top