Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Suzan de Jager van Cullinan skryf:
Geagte Kerkbode
In die stilte van die tuin.
In stilte en rus
by Jesus se voete
in die stilte
van die tuin
in die aandskemering,
kon ek ontdek
dat die LIEFDE niemand
kwaad aandoen nie.
Hier vee Hy my trane af.
Hier koester Hy my.
Hier sê Hy dis okei,
want Hy het reeds my verblyf
in die siekeboeg betaal.
Hy weet ek kry swaar.
Hy weet Sy kinders
verrinneweer mekaar.
Hy verstaan dat my naam
nie meer op die kerk se boeke is nie.
Hy wéét dis my onbeholpe manier
om te keer dat verdere
beserings aan diens plaasvind.
My Goeie Herder versorg my.
Ek is Sy skaap.
Hy verpleeg my nou.
Ek is rustig.
- Suzan de Jager – 15/11/2019
