Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Onbekendes wat gee en gee en gee

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Nico van der Westhuizen van Loe­ries­fontein skryf op kaapkerk.co.za:

Hoe sê ’n mens dankie?

Die droogte is besig om elke greintjie krag en hoop uit ons gemeenskap te tap. Hoe oorleef jy dit om op te staan en nog ’n dag aan te pak wat net uit voer gee bestaan en waters na te ry om te kyk of daar nie nog ’n boorgat is wat ingegee het nie? Hoe gaan slaap jy in die aand as jy nie weet hoe lank jy nog kan volhou om voer te koop nie? En dan daag die onverwagse hulp op.

Op Loeriesfontein het ons dit die afgelope tyd so tasbaar beleef in voerskenkings, bederfpakkies en finansiële hulp uit onverwagte oorde. As ’n mens wil begin wonder of God nog van ons weet dan is hierdie uitreike van totaal onbekende mense waarvan ek hier­bo praat, maar net ’n bevestiging dat God ons in ons nood nie vergeet het nie. Onbekendes wat gee en gee en gee is maar net weer vir ons die bewys dat God mense as engele gebruik om ons weer bewus te maak dat Hy ons hand elke dag vat. ’n Gemeentelid sê nou eendag vir my, elke keer as sy met ’n bederfpakkie oor die drumpel loop is dit asof daar elke keer ’n engel saam met haar oor die drumpel loop om opnuut weer lig in haar lewe te gee.

Daarom hierdie skrywe vir elk­een wat op die een of ander manier in die tyd na Loeriesfontein en sy mense uitgereik het – maak nie saak op watter manier nie. Ons wil uit die diepte van ons hart vir julle dankie sê. Julle maak ons las ligter en julle verlig ons soms somber en donker harte en laat die lig van God weer daarin skyn sodat ons nie ons fokus op Hom verloor nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top