Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Vir die agterstevoor-pet-predikant

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Cecile Murray-Louw van Durbanville skryf:

’n Piepklein borreltjie kriewel in my kleintoon …
Die borreltjie wil versigtig boontoe beur en prikkel en bars.

Is dit kerk?
Is dit God wat praat?
Deur jou met jou rebelse metro-boer-baard?

Kaalvoet jý in ’n T-hemp, hoe koggel jou wynrooi “Liefde Wen”-pet parmantig vir die “Christus ons Vrede”-kanselfluweel …

En gotiese dakbalke bedek.
Trotse orrelpype beskerm rye en rye vars gesiggies wat hul twyfelvrae versigtig toevou.

Uitgehonger vir rigting en waarheid sit hul met skinny jeans en vellies die houtbanke hol en teug aan wegneem artisan-koffie.

En jy, pierewaai predikantjie met die sagte oë, vol millennial-grappies en traak-my-nie-modes;
jy lei hul na die palm van die Vader se hart.

Die borreltjie bewe en beweeg na bo. Deur voet en knieg en been en bors.
Gaan loer onseker in my hart, of daar dalk ruimte is vir hierdie ding.
Vir hierdie hupstoot maverick leraar waaroor God so sing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top