Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
gedenk, die passie van onse Heer
hoe Hy
getreiter
gegesel, gespot en
gekruisig is
maar verrys het
om waarlik vry te maak
die blindes
wat vers en kapittel
se fynskrif ken
die lammes
wat met vaste tred
afstand bewaar
ja, almal
wat na
meer as tweeduisend jaar
die wie’s in en wie’s uit
van God se genade
wil bepaal
- Deur Marius Ackermann
Geborg
