Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuwe navorsing toon aan dat gebed gesondheidswerkers in die voorste linie kan help om die spanning en werksdruk wat met die Covid-19-pandemie gepaard gaan, te hanteer. Foto’s: Pexels.com

Gebed help gesondheids­werkers – studie

Gebed bevorder sielkundige veerkragtigheid by gesondheidswerkers wat in die voor­ste linie teen Covid-19 veg, volgens nuwe navorsing wat in November 2020 op die medRxiv-webtuiste gepubliseer is. MedRxiv is ’n gratis aanlyn argief- en verspreidingsbe­diener vir volledige, maar ongepu­bliseerde navorsing (voorafdrukke) in die mediese, kliniese en verwante gesondheidswetenskappe.

LEES OOK: Luister: ‘Gee jou lewe vir die Here en die wêreld’

Streshanteringsmetodes, wat ge­bed en sosiale ondersteuning insluit, kan met positiewe geestelike en siel­kundige gesondheidsuitkomste geassosieer word, volgens ’n studie on­der leiding van dr Leodoro Labrague van die Universiteit van Sultan Qaboos in Muscat, Oman.

Prakties gesproke moedig die stu­die gesondheidswerkers aan om gees­tesgesondheid en welwese deur sulke streshanteringsmeganismes te prioritiseer.


No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top