Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gesindheid van diegene wat van mekaar verskil

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Hannes Steyn van NG Kerk Parys skryf:

Dit was nou vir my ’n skitterende skrywe hierdie: Dán word debat eerder dialoog.

Ek verwys na Frederick Marais oor dialoog tussen kinders van die Here wat van mekaar verskil. Elke predikant behoort daardie stukkie op te som en uit sy kop te leer. Ook opsomming in die gemeenteblad te sit. Sal dit nie wonderlik wees as hierdie gesindheid in ons lewe kan oorneem nie?

LEES OOK: Video: Só het NG Kerk verander – Neels Jackson

Maar ons kan dit nie in eie krag regkry nie. Daarom het Christus mos opgestaan en in ons hart kom leef deur die Gees. Slegs Hý kan dit doen – elke keer! Dit vra net oorgawe aan Hom wat binne-in ons bly. Hierdie gesindheid van oorgawe, het juis Andrew Murray baie oor geskryf.

Dit is die gesindheid van Christus Self wat dan oorneem: Hý gee my sý gesindheid om eers self met die persoon te praat, koffie te drink, te kuier indien moontlik (Matt 18:15 vv).

Per slot van sake, Christus bly ook in die een met wie ek verskil.

Wat ek opsom: Voor ek skryf, gee ek myself oor aan Christus, sodat ek met sý gesindheid sal dink en skryf.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top