Amptelike nuus, Augustus 2021

  • Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
  • Hierdie kennisgewings is op 26 Augustus opdateer.

NG KERK

BEROEP: Ds Christo Botha van Proteahoogte, Brackenfell na NG Gemeente Heuwelsig, Bloemfontein; Ds Willie Korb van Môregloed na Pofadder; ds Werner Nel van die NG Gemeente Zambië na Doringkruin; ds Egbert Steyn van Patterson na Goodwoodparkas brugpredikant; prop Adelle Swanepoel na Rant-en-Dal Prisma.

AANVAAR: Ds Victor Cloete na Moreletapark as Diensleraar; ds Johan Koen van Hoopstad na Lydenburg; Rayline Coetzee na Lux Mundi-gemeente as Diensleraar in die Spesialisasieveld van Jeug- en Familiebediening; ds André de Villiers van Kathu na Valleisig; ds AJ Small van Ballito Gesinskerk – NG Gemeente Noordkus na NG Gemeente Parow-Panorama; ds Derick Claassens van Rensburg (Heidelberg) na Meyerspark; ds Johan Visser van Woodlands Hill Gemeenskapskerk na Stellenberg.

WES-KAAP

AFSKEIDSPREEK

Dr Daniël de Wet se afskeidspreek vind op 22 Augustus 2021 om 09:30 in die NG Gemeente Stellenbosch-Wes plaas. (Michéle Erwee, Gemeentebestuurder, 10.08.2021).

EMERITAAT

Ds Jacobus Adriaan Swarts emeriteer op 31 Augustus 2021 vanuit die NG Gemeente Bellville-Vallei. (Ds Wouter Olivier, Skriba, 24.08.21).

OOS-KAAPLAND

AFSKEIDSPREEK

Ds Rudi Mathys van Tonder lewer sy afskeidspreek op 29 Augustus 2021 by die NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood. Hy ontvang ook sy demissie, geldig vanaf 11 September 2021. (DW Mouton, Ringskriba, 26.08.2021).

HOËVELD

RINGSITTING

Die Ring van Standerton se jaarlikse Ringsitting is uitgestel en vind  nou plaas, DV, op Sondag 15 Augustus by die Moedergemeente  Standerton (Klipkerk). (Henk Boshoff, Ringskriba, 05.08.2021).

OOSTELIKE SINODE

BEVESTIGING

Ds Vollie Gilfillian is bevestig in NG Gemeente Dennesig op Sondag 1 Augustus 2021.

BEVESTIGING

Rayline Coetzee het die beroep na Lux Mundi-gemeente aanvaar as Diensleraar in die Spesialisasieveld van Jeug- en Familiebediening met ingang 1 Julie 2021. Haar bevestigingsdatum is as gevolg van die pandemie uitgestel na Sondag 15 Augustus 2021 om 10:00. (Nelia Kotzé, Bedieningskoördineerder, 13.08.2021).

BEVESTIGING

Ds Johan Koen het die beroep na NG Kerk Lydenburg aanvaar en tree op 1 September 2021 in diens van die gemeente. Hy sal op 5 September 2021 sy intreepreek lewer en ook in diens van die gemeente bevestig word. (Ina Botha, Skriba, 19.08.2021).

Word 'n vriend van Kerkbode