Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Is daar dan net twee strominge in die NG Kerk?

Geborg

Hierdie is 'n rubriek. Die opinies van skrywer weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

In Sondag (15 Augustus 2021) se Rapport verskyn daar twee briewe wat die narratief verder aanwakker dat daar eintlik net twee strominge in die NG Kerk is. Dit kan die indruk skep dat die NG Kerk eintlik net uit hierdie twee kampe bestaan en tans in ’n stryd gewikkel is oor reg en verkeerd, die siel van die kerk en die hart van ons geloof.

Dat die gesprek aan die gang is kan niemand ignoreer of betwyfel nie. Vir my is die NG Kerk egter veel groter.

LEES OOK: ‘NG Kerk bevind haarself in hierdie strik’

Ek is bewus van duisende gelowiges wie se geloof ten diepste gedefinieer word in ’n eenvoudige, noem dit ’n kinderlike liefde vir God, Jesus Christus en die Heilige Gees.

Dit is egter ook ’n geloof wat hulle laat wakker lê, nie oor die gevegte in die kerk nie, maar veral oor die ontsaglike nood buite die kerk.

Dit is ’n stroom lidmate wat God se aangesig en wysheid, nie in die eerste plek oor sinodebesluite soek nie, maar oor wat om te doen in ’n tyd soos hierdie (Hand 2).

LEES OOK: Video: ‘NG Kerk staan binne belydenis’ – Nelis

Hulle verstaan dat ons uitdagings veel groter is as ons eie raad en wysheid en antwoorde en soek daarom op ’n stil manier na dieper antwoorde. Soms oor sake so konkreet soos behuising, werkloosheid, armoede, onversoenbaarheid, geweld en veel meer.

Hulle bid saam daaroor en dink daaroor. Hulle verstaan dat hulle nie die land kan verander nie, maar wel êrens in hulle plaaslike gemeente en gemeenskap ’n verskil kan maak en hulle doen dit.

Hulle reik nie verklarings hieroor uit nie en skryf nie lang briewe in koerante hieroor nie. Hulle het dikwels nie tyd of lus daarvoor nie, want hulle het die nood in hulle medeskepsels en landgenote se oë gesien en is diep daardeur geraak.

Miskien moet ons oor hierdie strome in die NG Kerk ook dink …

Die NG Kerk se publieke aansien, (noem dit maar ‘branding’) is diep in die moeilikheid. Daar is redes voor, maar dit kan ook verander word.

Intussen is dit nie waaroor dit vir hierdie ander gelowiges in die NG Kerk gaan nie. Wel oor ’n koninkryksvisie en roeping wat nou en elke dag geleef moet word.

  • Dr Braam Hanekom is direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis in die Wes-Kaapse sinode. Die skrywe is oorspronklik op sy facebook-blad gedeel. Dit word met sy toestemming hier geherpubliseer.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top