Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘NG Kerk bevind haarself in hierdie strik’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johan Jansen van Vuuren van Noordwes skryf:

Tydens die lees van ds Mias van Jaarsveld se rubriek van 21 Junie 2021 (Gay men­se word nog steeds gebrandmerk) is dit duidelik dat die emosionele oproep vir hom oorweldigend was.

Hy dra dit ook baie goed oor en ’n mens kan nie anders as om deur die emosie van die artikel aangeroer te word nie. Die onmenslike en liefdelose hantering van mense behoort uit alle oorde ten sterkste veroordeel te word.

Ek het egter twee punte wat my kwel. Eerstens, die Bybel spreek homself redelik negatief uit teen die gebruik van emosie om besluite te bepaal. In Jeremia 17:9 lees ons: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?”

Wat my by my tweede punt bring: Wie besluit wat is die “uitgediende teo­logieë” waarna ds Mias verwys? As ons mense besluit watter gedeeltes van God se Woord “uitgediende teologie” is, stel ons ons eie opinies bo God se Woord, wat niks anders as (self)afgodery is nie.

Ons maak ook op onsself staat, waarteen die Bybel juis waarsku. Ons kan nie dit, wat deur God bepaal is, verander nie. Selfs al is daar ’n meerderheidsbesluit. Daar is ’n Engelse gesegde wat sê: “Two wrongs don’t make a right”. Ek vermoed dit is die strik waarin die NG Kerk haarself bevind.

Groete in Christus.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top