Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Weer Mamma, weer!’ smeek Barbara-Mari Swarts se tweejarige dogtertjie by haar vir nog ’n keer se herlees van Pampoenpit se groen gevoel. Dit doen sy maklik want die boek met sy pragtige illustrasies ‘lees soos ’n melodie’ soos ook die ander drie prag kinderboeke waaroor sy vir Kerkbode skryf. Foto ter illustrasie

’n Blou feetjie, ’n pampoetpit met gevoelens en fabelagtige diere

Blou Feetjie deur Lizette Rabe met illustrasies deur Mandi Fuchs

Uitgewer: Naledi, 2021

Blou Feetjie word glimlaggend en moeiteloos lewendig deur die blaaie van die boek.

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/Blou-Feetjie_3.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Haar pragtige, boeiende karakter nooi jou saam op reis, in ’n atmosfeer van omgee, nuuskierigheid en vreugde. Lank nadat ek die boek toegemaak het, sien ek haar blou hartjie raak in die alledaagse mooi en glo ek ook “baie klein mense op baie klein plekke wat baie klein dinge doen, kan ons hele wêreld verander.”

Beskikbaar by Naledi.


Donkie se lang pad dorp toe en Olifant se geheim deur Wendy Maartens met illustrasies deur Shayna Olivier

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/Donkie1.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Uitgewer: Lapa, 2021

Die versameling van 20 fabelagtige diereverhale laat jou voel asof jy om ’n kampvuur sit en luister na groot wyshede vanuit die diereryk. Donkie se lang pad dorp toe leer ons dat ons nooit almal tevrede kan stel nie. Olifant se geheim help ons om te besef dat ons nie skaam hoef te wees as ons bang is nie, selfs al is ons baie groot. Die unieke vertelling van vrolike, kwaai, brawe, bang en skaam diere kan kinders help om belangrike waardes in hulle lewe toe te pas.

Beskikbaar by Lapa.


Jeremia en die amandelboom deur Wendy Maartens met illustrasies deur Nici Brockwell

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/Jeremia1.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Uitgewer: Luca, 2021

Die pragtige verhaal van jong Jeremia wat moeilik praat, word kunstig en met deernis vertel. Dit voel vir my asof ek hom nou persoonlik ken. Dit is onder die amandelboom waar hy die Here se stem hoor en ook sy eie vind. Behalwe vir die wonderlike storie, is daar ook fantastiese hulpbronne vir enige iemand wat graag kinders met spraakprobleme wil help. Die storie kan ons en ons kinders help om met deernis te kyk en luister na ander wat moeiliker hulle woorde vind.

Beskikbaar by Lapa.


Pampoenpit se groen gevoel deur Bianca Flanders met illustrasies deur Zinelda McDonald

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/Pampoenpit1.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Uitgewer: Lapa, 2021

“Weer, Mamma, weer!” smeek my tweejarige dogtertjie, nadat ons die boek al twee keer gelees het. Ek lees dit maklik weer, want ek geniet die storie net soveel soos sy. Dit lees soos ’n melodie en die pragtige illustrasies laat jou elke emosie beleef. Pampoenpit voel aaklig want sy het verloor. Sy voel kwaad, hartseer en dan is die gevoel groen … Gelukkig is ouma daar om haar liefdevol te begelei na omgee, ander raaksien en luister. Haar monster is toe stil-stil weg sonder om te groet.

Beskikbaar by Lapa.

 

  • Ds Barbara-Mari Swarts is ’n predikant by die NG Kerk Port Elizabeth-Lorraine in Gqeberha.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top