Altyd tyd vir ‘skaduwerk’

’n Leë tafel lei Dana Snyman op ’n kunsspeurtog na die betekenis van Ben Willikens se treffende skildery. Werklike groot kuns beleef jy met jou hart, jou siel en jou verstand, herinner Dana ons. “Of soos die Britse filosoof, Alain de Botton, dit stel: ‘We are not transparent to ourselves. We have intuitions, suspicions, hunches, vague musings and strangely mixed emotions, all of which resists simple definition. Then, from time to time, we encounter works of art that seem to latch on to something we have felt but never recognized clearly before’.”

Lees ook: Kliek hier om die e-koerant gratis te lees

Hierdie insig, dat ons nie “deursigtig” vir (of dalk met) onsself is nie, skiet ’n mens ook te binne wanneer jy ’n groot saamtrek met vele uiteenlopende stemme soos die onlangse streeksinode in Bloemfontein bywoon. Dat ons self nie weet wat aldag binne ons eie psige aan die gang is nie; wat die oorsprong daarvan is en hoe dit uitspeel na buite nie. Die onbewuste gevoel, byvoorbeeld, dat iets binne my buite beheer is, word soms sodoende die sterk behoefte om diegene rondom my ten alle koste te beheer. Hoeveel van dit wat ons op hierdie wyse op ander projekteer, is eintlik nie hulle “skuld” nie, maar ons s’n.

Is hierdie die “Skadu” waarna Carl Jung verwys? Daardie konsep waaruit soveel sielkundige rykdom ontgin is en waarvan deeglike studie so ’n noodsaaklike weerstand teen neurose is. “Uitgedruk op sy mees funksionele manier, is die Skadu saamgestel uit al daardie aspekte van onsself wat ’n geneigdheid het om ons ongemaklik met onsself te maak,” verduidelik James Hollis in sy boek Why good people do bad things. “Die Skadu is nie net dit waarvan ons onbewus is nie, dit is dit wat die opvatting wat ons oor onsself wil handhaaf, ongemaklik maak.”


Vriende van Kerkbode

Die Kerkbode-span lewer ’n betroubare nuus- en kommunikasiediens binne die NG Kerk om lidmate en gemeenteleiers op hoogte te hou en toe te rus. Ons bied:

* Gebalanseerde kerknuus en stories van hoop en omgee asook lekkerlees profiele.

Al die amptelike skuiwe in die NG Kerk en jongste vakatures en gasrubrieke en uiteenlopende standpunte op die brieweblad.

Dinkstof: Teologiese besinning oor die Bybel en opinie en ontleding deur denkleiers en navorsers.

Kliek HIER om ons te ondersteun.

Word 'n vriend van Kerkbode