Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk in Noord-Kaapland hou na ses jaar streeksinode (9-13 Mei)

’n Daglange bespreking van onder meer Skrifgesag, kerkeenheid en selfdegeslagverhoudings is van die items op die agenda wanneer Noord-Kaapland se streeksinode by die City of Hope-kerk in Kimberley vanaf 9 tot 13 Mei sal plaasvind.

 

Ander gesprekspunte sluit die droogtehulpprojek, ekumene en die Bedienaars van die Woord-kursus in.

 

“Tussen 30% en 40% van die streek se leraars het nog nie ’n sinode in Noord-Kaapland beleef nie,” wys ds Rudi Janse van Vuuren, die voorsitter van die Taakspan Sinodebeplanning, uit. “Dus is dit vir ons belangrik om oor ons eie identiteit te praat – wie is ons, hoe lyk ons geskiedenis?”

 

Daar is by die vorige sinode besluit om elke vier jaar (pleks van twee jaar) sinode te hou, maar weens Covid-verwante ontwrigting het daar reeds ses jaar verloop sedert die 20ste streeksinode in 2016 gehou is, volgens Janse van Vuuren, wat ook die leraar van Prieska se NG gemeente is.

 

 

Mostert het afgetree as PSD

 

Ds JPL (Mossie) Mostert het as predikant in sinodale diens (PSD) vir Noord-Kaapland onder meer al die medianavrae oor streeksinodesittings hanteer. Hy het egter onlangs afgetree en die Noord-Kaaplandse sinode is nog in die proses om die pos te vul.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top