Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dennis Green, tweede van links (met die swart beret) op die foto, wil graag hoor wat het geword van die troepe wat hy opgelei het terwyl hy in 1984 ’n instrukteur was by PDK-skool. Foto: Verskaf

‘Wat het van my troepies geword?’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dennis Green van Langenhovenpark skryf:

 

Van Januarie tot einde April 1984 was daar 84 NDP-kapelane onder opleiding by die Personeeldienskorpsskool in Voortrekkerhoogte (basiese opleiding en opleiding deur die kapelaan-generaal se kantoor). Ek was een van die instrukteurs oor die tydperk by PDK-skool.

 

Die groep van 84 kapelane was van verskillende kerkgroepe. Die meerderheid was van die drie susterskerke en daar was twee Jode en ’n klompie pastore. Ek en die twee ander instrukteurs het hulle leer dril, salueer en geleer van veldkuns, skietkuns, kaartlees, ens.

 

Ek het kontak met dr Charles Mitchell, ds Amos Kotzé en ds Cobus Rossouw, maar ek wonder wat het van die ander manne geword? Ek sal graag wil hoor wat het van my troepies geword! Kontak my by zs4bs@netactive.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top