Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die onlangse afsterwe van die geliefde spotprentekenaar Fred Mouton laat ook by LiG, Kerkbode se sustertydskrif, 'n groot leemte.

Fred Mouton het Grootseunbriewe lewe gegee

Die geliefde illustreerder en spotprenttekenaar Fred Mouton is Woensdag op 74 jaar aan kanker oorlede. LiG-redakteur Francine Prins onthou hom vir sy buitengewone talent en deernis.

Fred Mouton was enig in sy soort. Sy vaardigheid as illustreerder was buitengewoon. Sy fyn aanvoeling vir die essensie van ‘n storie, en sy fantastiese humorsin is in die lyne van sy prentjies vasgevang.

Fred het van Junie 2000 die illustrasies vir die Grootseunbriewe in LiG, Kerkbode se susterpublikasie, geteken. Dis meer as 250 illustrasies. Daarby het hy ook die ses bundels wat van dié stories verskyn het, geïllustreer. Die skrywer van die Grootseunbriewe, Barend Vos sê: “Hy het my woorde lewe gegee, eintlik ’n gesig – hande vol gesigte.”

Francine Prins, redakteur van LiG onthou veral sy medemenslikheid: “’n Keer voordat ek met kraamverlof gegaan het, het Fred se Grootseun-illustrasie in ‘n bruin koevert op my tafel beland. Agterop die koevert was ‘n klein illustrasie van ‘n baba met ‘n groot fopspeen. Dit was só spesiaal en deernisvol.”

  • Die Christelike tydskrif LiG is ‘n susterpublikasie van Kerkbode.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top