Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Marius en Pauline Schoombie. Foto: Verskaf

Amptelike nuus: Mei 2022

  • Hierdie kennisgewings is op 20 Mei 2022 opdateer.
  • Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK 

BEROEP

Prop Janneke Alta Marais na Toringkerk; prop Heinrich Niehaus na Laingsburg; ds Dewald Vermaak van Theunissen na Aliwal-Noord; ds AD (Attie) Botha van Brandvlei na Port Nolloth; ds TC (Chris) de Wet van Reebok na Buffeljagsrivier; ds MF (Marius) Schoombie van Suidkus, Amanzimtoti na Stellenberg; dr JSP (Koos) Uys van Laingsburg na Goodwoodpark; ds Johannes Nortier van Agter-Paarl na Wellington; ds FCA (Frans) de Beer van Springbokvlakte na Mtubatuba; ds GE (Etresia) van Schalkwyk na Memel.

AANVAAR

Ds Kobus Kloppers na NG Kerk Sederpark; ds Gerrit Visser van Horison, Roodepoort na kerksondermure; dr Wentzel Schoeman van Pretoria na Klerksdorp-Oos.

WES-KAAP

BEVESTIGING

Ds Marius Ellis (voorheen van NG gemeente Kroonstad-Oos) is op 1 Mei 2022 deur ds Martin Goosen van Piketberg in die NG gemeente Eendekuil bevestig (Leléne Wiggins, Skriba, 05.05.2022).

Dr Elsje Büchner is op 22 Mei 2022 deur ds Theunis Botha (PSD) bevestig as leraar in ’n vastetermynpos by die NG gemeente Stellenbosch-Noord (Elzanne van der Westhuizen, Ringskriba, 17.05.2022).

Ds Willem Lubbe begin op 1 Junie 2022 by NG Kerk Caledon. Hy lewer sy intreepreek op 5 Julie 2022 om 09:30 (Joanie Theron, Gemeentekoördineerder, 25.05.2022).

Ds Marius en Pauline Schoombie. Foto: Verskaf

Ds Marius Schoombie het die beroep na Stellenberg-gemeente aanvaar en sal op 1 Julie 2022 by die gemeente begin.  Sy intreepreek en bevestiging vind plaas op Sondag, 24 Julie om 18:00.

EMERITAAT

Ds Carel Petrus van Wyk van NG gemeente Suider-Paarl tree op 30 Junie 2022 (65 jaar oud) af en ontvang sy akte van demissie by emeritaat op 12 Junie 2022 (Madeleine Fourie, Administratiewe beampte, 24.05.2022).

OOS-KAAP

AFSKEID

Ds Adriaan van Tonder van Aliwal-Noord het die beroep na The Church of Scotland aanvaar. Sy afskeidsdiens vind plaas op 19 Junie 2022 (Corrie Nel, 09.05.2022).

BEVESTIGING

Ds Dewald Vermaak van Theunissen het die beroep na Aliwal-Noord aanvaar. Sy bevestiging vind plaas op 3 Julie 2022 (Corrie Nel, 09.05.2022).

Ds Quinette le Roux Weitsz is bevestig as tentmakerleraar in die NG gemeente Cambridge op 15 Mei 2022 deur ds Willem Petzer van die NG gemeente Wesheuwels (Ds JH Kleynhans, Ringskriba, 17.05.2022).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Dr Wentzel Schoeman het die beroep na NG Kerk Klerksdorp-Oos aanvaar. Sy bevestiging vind plaas op 26 Junie 2022. Ds Werner Nel van Klerksdorp-Doringkruin sal die bevestiging waarneem (Marinda Horn, Saakgelastigde, 25.05.2022).

OOSTELIKE

BEVESTIGING

Prop Daan Klopper is op Sondag, 24 April 2022 bevestig as diensleraar in Lux Mundi Gemeente, met die oog op Missionale Dissipelskap en Geloofsvorming. Hierdie is die eerste gemeente waarin prop Klopper bevestig word na sy legitimasie as diensleraar in 2021. Sy bevoegdheid verander dus na dominee Daan Klopper. Die bevestiging is waargeneem deur ds Frikkie Coetzee van Lux Mundi Gemeente (Nelia Kotze, Bedieningskoördineerder, 28.04.2022).

RINGSITTING

Die jaarlikse ringsitting (43ste) van die Ring van Laeveld sal gehou word DV op 20 Junie 2022 vanaf 09:00 tot 13:00 te NG Kerk Laeveld, Modjadjiskloof (Francois Schwalb, Bemarking, 24.05.2022).

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top