Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Ateïstiese standpunt’ klink só

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johan van Noordwes skryf:

 

Ek vind in gesprekke en leesstof al hoe meer mense wat hulle beroep op die wetenskap om hulle siening oor veral die selfdegeslagkwessie binne die kerk te informeer. Ek self is “pro-wetenskap”, maar wanneer dit op sy plek gebruik word. Die wetenskap is ’n wonderlike manier om God se skepping te ontdek en om te leer ken wat “is”, maar as die gesprek gaan oor wat “behoort te wees” skiet die wetenskap te kort.

 

Ons bly in ’n gevalle wêreld wat smag daarna om herstel te word en alles wat “is”, is nie soos dit “behoort te wees” nie. Dr Frank Turek sê gereeld in sy praatjies: “Wetenskap self sê niks, dit is wetenskaplikes wat die praatwerk doen.” Om met ’n (ekstreme, soos alle teorie getoets moet word) voorbeeld te illustreer, kan die wetenskap vir ons vertel wat die verskil tussen ’n lewende en ’n dooie mens is, maar dit kan nie vir ons sê watter een beter (nader aan die ideaal) is nie. Dit is tog net molekules en energie wat van vorm verander wat die wetenskap betref.

 

Om te bepaal wat reg is, word onderliggende filosofiese oorwegings gebruik. God leer ons in sy Woord dat die mens na sy beeld geskape is en dat die dood ’n vyand is. Die ateïstiese standpunt hierop is dat reg/verkeerd deur kollektiewe menslike voorspoed/geluk gemeet moet word. Hier word moraliteit bepaal. Ek vermoed die ateïstiese standpunt is besig om in die kerk “ingesmokkel” te word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top