- Hierdie kennisgewings is op 24 Junie 2022 opdateer.
- Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEP
Ds FCA (Frans) de Beer van Springbokvlakte na Mtubatuba; prop AJK (Arend) Hattingh na Daspoort; dr Christo Herbst van Trompsburg na Colesberg; ds LH (Lionel) Hutton van Stellenbosch-Moedergemeente na Parow; ds R (Ruan) Janse van Rensburg (vroeër van Sonstraal) na Marble Hall; ds C (Christo) Jonck van Kuruman-Die Oog is benoem as Predikant in Sinodale Diens vir die NG Kerk in Noord-Kaapland; dr JF (Johan) Malan van Ventersdorp na Migdol; ds JPM (Marius) Maree (emeritus) na Vosburg; ds H (Hendrik) Smal van Ventersdorp-Oos na Ladismith; ds GE (Etresia) van Schalkwyk na Memel; ds HC (Hennie) van Wyk (emeritus) van Oudtshoorn na Smithfield; prop MP (Mynhardt) van Zyl na Helderberg; ds FC (Tiaan) Victor vanaf Heilbron-Suid na Standerton-Wes.
AANVAAR
Ds SJ (Stephan) van Heerden van Vrede-Wes na Buffeljagsrivier.
BEROEPBAARSTELLING
Na aanleiding van Artikel 14.4 stel die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) weer ds (emeritus) Rudolph A du Plooy beroepbaar. Ds Du Plooy het weens mediese redes vroeër geëmeriteer, maar is nou weer ’n beroepbare leraar (emeritus) (Dr Dewyk Ungerer: Bestuurder ATP, 13.06.2022).
WES-KAAP
BEVESTIGING
Prop HF Niehaus het die beroep as leraar by NG Kerk Laingsburg aanvaar. Sy bevestiging word beplan vir 17 Julie 2022 (Lecia, 09.06.2022).
Ds Hendrik Smal het die beroep na Ladismith aanvaar. Sy indienstredingsdatum is 1 Augustus 2022. Hy sal op DV Sondag, 31 Julie 2022 bevestig word (Lizbé Rossouw, Skriba, 14.06.2022).
Dr JSP (Koos) Uys het die beroep as pastorale hulpleraar by Goodwoodpark-gemeente aanvaar in ’n vastetermynpos. Sy bevestiging word beplan vir 3 Julie 2022 (Egbert Steyn, Brugleraar, 27.05.2022).
EMERITAAT
Ds Jacobus Nicolaas (Kotie) Kritzinger, brugleraar van die NG Kerk Ladismith, het sy akte van demissie ontvang op 12 Junie 2022 (Lizbé Rossouw, Skriba, 01.06.2022).
Ds Carel Petrus van Wyk van die NG gemeente Suider-Paarl tree op 30 Junie 2022 (65 jaar oud) af en het sy akte van demissie by emeritaat ontvang op 12 Junie 2022 (Madeleine Fourie, Administratiewe beampte, 24.05.2022).
OOS-KAAP
EMERITAAT
Ds Dion van Rooyen van die NG Kerk Port Elizabeth-Heideveld, emeriteer op 31 Augustus 2022 nadat hy op 29 Mei 2022 die ouderdom van 65 bereik het (Deon van Staden, Ringskriba, 07.06.2022).
NOORD-KAAP
BEVESTIGING
Ds JPM (Marius) Maree het die beroep na Vosburg aanvaar en word op 3 Julie 2022 in die gemeente ontvang en bevestig (Ds Maree, 08.06.2022).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ds Johannes Petrus Matthews is op 4 Junie 2022 as predikant (tentmaker-diensleraar) van die NG gemeente Sasolburg-Vier Ankers bevestig met handoplegging. Hy het sy intreepreek op Sondag, 5 Junie 2022 gelewer (Dr HJ Kleynhans, 06.06.2022).
Ds Johannes Rossouw, voorheen van die NG Kerk Sundra, het die beroep na NG Kerk Marquard aanvaar en word op Sondag, 26 Junie 2022, in die gemeente bevestig (Daleen Henning, Skriba, 13.06.2022).
DEMISSIE
Ds Dewald Vermaak van Theunissen en Theunissen-Wes ontvang demissie op 26 Junie 2022. Hy verhuis dan na Aliwal-Noord waar sy bevestiging op 3 Julie 2022 sal plaasvind (Trien Stander, Skriba, 22.06.2022).
EMERITAAT
Dr Nico Dicks van die NG gemeente Welkom-Suid emeriteer aan die einde van Augustus 2022. Die gemeente neem op 28 Augustus 2022 van hom afskeid (Ds Gerhard Wessels, Skriba, 08.06.2022).
GOUDLAND
EMERITAAT
Ds CB Kloppers van die NG Kerk Muldersdrif het sy akte van demissie by emeritaat ontvang op 28 Februarie 2022. Hy is daarna aangestel in ’n vastetermynpos vir 3 jaar vanaf 1 Maart 2022 tot 28 Februarie 2025 in dié gemeente (Anton Mieny, 09.06.2022).
NOORDELIKE
EMERITAAT
Dr HJJ (Hendrik) Barnard het op 29 Mei 2022 sy akte van demissie met emeritaat ontvang as pastorale hulp van die NG gemeente Valhalla. Dit tree in werking op 1 Junie 2022 (Ds DB de Vos, Ringskriba, 31.05.2022).
KENNISGEWING
NG gemeente Soekmekaar en NG gemeente Louis Trichardt het op 3 April 2022 saamgesmelt (Rehan Rheeder, Saakgelastigde, 06.06.2022).
RINGSITTING
Die vyf-en-dertigste gewone sitting van die Ring van Sesmylspruit vind plaas op Maandag, 22 Augustus 2022 en Dinsdag, 23 Augustus 2022 te NG gemeente Eldoraigne (Ds DB de Vos, Ringskriba, 13.06.2022).
HOËVELD
BEVESTIGING
Ds Marius Oosthuizen, voorheen van die Deo Gloria Gemeenskapskerk, het op 31 Mei 2022 geëmeriteer, waarna hy die beroep (kontrakpos) aanvaar het by die NG Primrose-Oos vanaf 1 Junie 2022 (Ds Danielle Laubscher, Skriba, 03.08.2022).
EMERITAAT
Dr Christo Naude, verbonde aan die NG gemeente Lindenpark, emeriteer op 30 Junie 2022 (Yolandi Kok, Skriba, 08.06.2022).
REFORMED CHURCH IN AFRICA
SINODESITTING
Die sinodesitting van die Reformed Church in Africa (RCA) vind plaas vanaf 3 tot 9 Oktober 2022 te Old Mainstraat 142, Botha’s Hill, KZN (Rev Akash Sirpal, 23.06.2022).
