Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Henrietta Klaasing skryf | Scenario-beplanning: Droom of nagmerrie?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Die skrywes van ds Dubois du Toit en andere aangaande die Droomscenario 2030 het betrekking. Tereg skryf ds Du Toit dat Bybelgetroue lidmate genoeg geleentheid gegee moet word om te rou (3.06.2022) oor die alternatiewe wat bepaalde leiers vir ’n toekomstige NG Kerk beplan.

Hierdie “Nagmerrie 2030” se vrot wortels is ’n verkeerde ekklesiologie, ’n skeefgetrekte siening van wat kerk is. Die Bybelse betekenis van “kerk” het te make met “dié wat aan die Here behoort”. ’n Wingerd (Johannes 15); ’n kudde (Handelinge 20:28); God se volk (1 Petrus 2:5-10); die liggaam van Christus (Efesiërs 4:15-16); sy Bruid (Openbaring 19:7) is Bybelse metafore vir die kerk. Die Droomscenario 2030-beplanning word gedoen soos vir klubs, verenigings of organisasies. Die Bybelse metafore vertel ons dat die kerk soos lewende organismes is wat getroetel, gekoester en versorg moet word om te lewe en te groei. Dit moet nie aan wêreldse modelle soos die voorgestelde Droomscenario 2030 onderwerp word nie.

Die beeld wat ons in die Woord aangaande die kerk kry, is groots en diep. “Wie met die kerk besig is, is besig met ’n bo-menslike en bo-historiese grootheid. Hy is besig met God se werk” (JM Vorster).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top