- Hierdie kennisgewings is op 29 Julie 2022 opdateer.
- Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEP
Ds GE (Gideon) Basson van Leipoldtville na Walvisbaai; ds JP (Petri) Coetzee van Malelane na Albertinia; prop Edward Kruger na Amsterdam; ds Riekie Wilken van George-Suid na Dealesville; dr CF (Christo) Herbst van Trompsburg na Colesberg; ds Johan Orsmond na Mtubatuba.
AANVAAR
Ds GJ (Nicky) Hattingh van Sanddrift na Krokodilrivier; prop Derick Boonzaaier na Ottery.
WES-KAAP
BEVESTIGING
Prop Frederick Fourie Boonzaaier word op 31 Julie 2022 in die NG gemeente Ottery bevestig (Irene Durrell, Administratiewe beampte, 22.07.2022).
Ds Hendrik Smal, voorheen verbonde aan die NG gemeente Ventersdorp-Oos, word op DV 31 Julie 2022 in die NG Kerk Ladismith as leraar bevestig. Die konsulent van hierdie gemeente, ds André Jordaan, van die Ring van Riversdal, sal die bevestiging waarneem (Lizbé Rossouw, Skriba, 27.07.2022).
Ds CJ (Chris) Wheeler (voorheen van NG gemeente De la Bat & La Belle) is op 8 Julie 2022 in die NG gemeente Bellville-Vallei as predikant bevestig (Kobus Swarts, 19.07.2022).
RINGSITTING
Die 94ste vergadering van die Ring van Clanwilliam vind plaas DV op 11 en 12 September 2022 om 17:00 by die Strandfontein VCSV kampterrein (Ds Karlien Becker, Ringskriba, 25.07.2022).
OOS-KAAP
BEVESTIGING
Prop Berenice Esterhuyzen is op 24 Julie 2002 in die NG Kerk Kingwilliamstown deur ds WP Petzer bevestig met handoplegging (Andre Kleynhans, Ringskriba, 25.07.2022).
NOORD-KAAP
BEVESTIGING
Ds JPM (Marius) Maree is op 3 Julie 2022 in die NG Kerk Vosburg ontvang en bevestig. Hy het by die geleentheid ook sy intreepreek gelewer (Ds Marius Maree, leraar, 14.07.2022).
EMERITAAT
Ds Lambert Johannes (Ensie) Enslin, leraar van Dutoitspan-gemeente, emeriteer op 25 September 2022. Ds Enslin sal vir ’n verdere drie jaar in ’n vastetermynpos aangestel word, sonder onderbreking van sy dienstermyn (Annatjie Enslin, Ringskriba, 21.07.2022).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ds Etresia van Schalkwyk word op Saterdag, 23 Julie 2022, in die NG gemeente Memel bevestig en lewer op Sondag, 24 Julie 2022, haar intreepreek (Elize, 04.07.2022).
GOUDLAND
BEVESTIGING
Dr Floris Knouwds het op 27 Junie 2022 demissie ontvang en is weer in Coram Deo gemeente aangestel in ’n deeltydse termynpos vir ’n verdere 12 maande (Floris Knouwds, 30.08.2022).
Ds Quentin Groenewald van Die Kruin gemeente in Newcastle het die beroep na Coram Deo gemeente aanvaar en word op Sondag, 10 Julie 2022 in die gemeente bevestig (Floris Knouwds, 30.08.2022).
Ds Tiaan Mostert, voorheen van NG Gemeente Vanderbijlpark-Suid is op 3 Julie 2022 amptelik bevestig as voltydse predikant van die NG Gemeente Suiderkruis. Die bevestiging is waargeneem deur ds Manus Visagie, voorsitter van die Ring van Potchefstroom (Elize van Niekerk, Skriba, 05.07.2022).
EENWORDING
NG gemeentes Ottosdal-Suid en Ottosdal Moedergemeente het een geword en staan nou bekend as NG gemeente Ottosdal (San-Marié Botha, Skriba, 28.06.2022).
Hiermee word kennis gegee van die eenwording van die NG gemeente Ventersdorp-Oos en NG gemeente Ventersdorp op 31 Julie 2022. Die gemeente sal as NG gemeente Ventersdorp voortgaan met sy roeping en bediening (Engela Botes, 14.07.2022).
REGSTELLING
Neem asb kennis dat die inligting in die Jaarboek 2022 tov Ottosdal-gemeente nie korrek is nie. Hiermee die korrekte inligting vir dié gemeente:
Leraar: Ds Stefan Schoeman; e-posadres van leraar: sjl.schoeman@gmail.com; 061 542 4550; Saakgelastigde: Mev San-Marié Botha; Ma-Do 08:00-12:30; kantoornommer: 079 163 2365; e-posadres van kerk: ngkerkotds@gmail.com; kerkgebou: h/v Joubert- en Moorcroftstraat, Ottosdal.
RINGSITTING
Die 84 ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind plaas op Maandag, 1 Augustus 2022 om 09:00 by NG gemeente Lichtenburg-Oos (Ds BC Botha, Ringskriba, 13.07.2022).
NOORDELIKE
BEVESTIGING
Ds Nicky Hattingh het die beroep na NG gemeente Krokodilrivier, Brits aanvaar. Sy bevestiging vind plaas op 31 Julie om 11:00 (Santie Uys, Skriba, 21.07.2022).
EMERITAAT
Ds TJH (Tjaart) Meyer van Pietersburg-Oos gemeente emeriteer op 31 Julie 2022. Sy Akte van Demissie by emeritaat word tydens die oggenddiens op 31 Julie om 10:00 aan hom oorhandig (Ds Matie Horn, Ringskriba, 20.07.2022).
RINGSITTING
Die 59 ste gewone vergadering van die Ring van Pietpotgieter vind plaas op 1 Augustus 2022 te Mokopane by Piet Potgietersrus-gemeente (RS Ds Peet Venter, 11.07.2022).
HOËVELD
EMERITAAT
Ds JH (Henk) Boshoff van NG Standerton-Wes emeriteer op 31 Julie 2022 (Ds PJ Kotze, Ringsvoorsitter, 04.07.2022).
OOSTELIKE
EMERITAAT
Ds EC (Erik) Immelman van NG gem Midrand het op 26 Junie 2022 sy akte van emeritaat ontvang met sluit van diens op 30 Junie 2022 (Gawie Marais, 29.06.2022).
