Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

As deel van die Kansel Mediagroep het Kaapse Kansel sedertdien vinnig haar eie kleurvolle skoene kom vol staan! Kaapse Kansel se bestaan getuig van duisende klein wonderwerke. Daar is in 2022 nog groot feesvieringe aan die kom, skryf Kosie Burger (middel voor in die spanfoto hierbo).

PROMOSIE: Radio Kaapse Kansel 729AM – van ’n Radio Kansel dogterstasie tot ’n gerekende stasie in die Wes-Kaap

Sedert die oproep op 18 Julie 2012 na Kosie Burger, die operasionele hoof van Kaapse Kansel, waarin ICASA aangekondig het dat die lisensie goedgekeur is, kan die stasie van oorwinning en God se ingryping vir die Wes-Kaap getuig.

Na ’n stryd van ses jaar was hierdie voorwaar ’n groot mypaal vir die koninkryk. Vir al die tyd wat ons gewag het vir die deurbraak is luisteraars aangemoedig om finansieel by te dra sodat wanneer Kaapse Kansel die lisensie sou kry, ons met groot opgewondenheid en fokus kon begin uitsaai.

LEES OOK: ‘Radio gaan nog groot goed doen in die toekoms’

As deel van die Kansel Mediagroep het Kaapse Kansel sedertdien vinnig haar eie kleurvolle skoene kom vol staan! Kaapse Kansel se bestaan getuig van duisende klein wonderwerke. Daar is in 2022 nog groot feesvieringe aan die kom.

Op 1 Desember vier die stasie haar 10de uitsaaibestaansjaar. In 2022 beweeg Kaapse Kansel 729AM net 24/7 vorentoe met die boodskap van Hoop, Genade en Verlossing.

’n Sleutelwaarde by ons is om die gemeenskap te dien op so ’n wyse dat as ’n Christelike radiostasie ons ons getuienis so sal uitleef dat ons dade harder sal getuig as bloot net ons woorde op die radiogolwe.

Die stasie se fokus oor die afgelope 10 jaar was om kleiner volhoubare projekte aan te pak waarby verskeie gemeenskappe kan baat binne haar uitsaaigebied. As ’n relatief jong stasie met ’n klein personeelkorps en ’n groot uitsaaigebied is die sukses agter die dryf van gemeenskapsprojekte, kreatiewe beplanning. Hulle projekte het nie net die stasie as ’n gerekende stasie sigbaar gemaak nie maar ook getoon dat sy ’n rotsvaste boodskap van hoop en vreugde na gemeenskappe kan bring.

LEES OOK | PODSENDING: Wenke teen gesigmaskers se omgewingsgevaar

Een daarvan is dat God gedurende die laaste paar maande van finansiële verwoesting vir baie, die stasie in staat gestel het om met Die groenteprojek op ’n weeklikse basis, aan verskeie organisasies vars groente te lewer. Om die gesigte van kleintjies te sien ophelder na ’n warm bak groentesop is van onskatbare waarde. Sedert die begin van hierdie projek drie jaar gelede is reeds 165 vragte ter waarde van meer as R600 000 afgelewer.

Ander projekte waarmee Kaapse Kansel bedrywig is in die gemeenskap is die Projek Strandskoonmaak. Hierdie projek is by die Swartmond asook by Lagoonstrand aangepak. Deur middel van ’n suksesvolle buite-uitsending het ’n aantal van ons luisteraars by hierdie inisiatief aangesluit. Dit is ’n deurlopende projek wat ten minste twee keer per jaar aangepak sal word.

Tydens Die fliekaandprojek is elke kind bederf met ’n speelding sowel as versnaperinge en ’n fliek wat van Jesus vertel, spesiaal vir kinders. Die doel van die projek was om bewusmaking onder luisteraars te skep oor die lot van baie sukkelende gemeenskappe.

Daar was ook die Broodprojek waar die radiostasie 1 000 brode vir Huis van Heerde Kinderhuis in Moorreesburg jaarliks skenk.

Die Komberseprojek is saam met luisteraars van Idasvallei-, Malmesbury- en Kaapstad-omgewing geloods. Harte is oopgemaak en groot getalle komberse is by die stasie afgelewer, wat aan die baie dankbare inwoners uitgedeel kon word.

Tydens die droogte in die Wes-Kaap, het die radiostasie ’n groot watertenk aan ’n skool in Kaapstad verskaf en bottels water aan Zonnekus Aftreeoord.

Die vreugde om nie net gehoor te word op die luggolwe nie maar ook met gemeenskappe hande te vat, en ’n ál meer groeiende luisteraarstal te bedien met God se hart, is wat óns hart warm laat klop. Ons wil in 2022 luisteraars aanmoedig om saam met ons fees te vier en saam met ons te reis na die toekoms waar ons weet God met hierdie stasie groot dinge gaan bereik tot sy eer.

Kaapse Kansel 729AM is en bly jou daaglikse reisgenoot in die Wes-Kaap!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top