Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Francois Christiaan (Tiaan) Victor van Heilbron-Suid het die beroep na Standerton-Wes aanvaar. Foto: Verskaf

AMPTELIKE NUUS: 11 Augustus 2022

BEROEP

Ds R (Ruan) Nieuwenhuizen van Sutherland na Somerset-Oos. Dr. WJ Lötter van NG Vredefort na NG Suidkus.

AANVAAR

Ds Francois Christiaan (Tiaan) Victor van Heilbron-Suid na Standerton-Wes.

 

NOORDELIKE

EMERITAAT

Dr Jan Botha emeriteer op 28 Augustus as tentmakerpredikant van Mootvallei NG Gemeente. Hy gaan weer voltyds op berading in sy pastorale praktyk/spreekkamer van die afgelope 36 jaar fokus asook op die NGO Zama-Zama Hope 4U Foundation, die Alfa Pastorale Opleiding, Berading en Gemeenskapsentrum asook op kursusontwikkeling en skryfwerk. (Dr Jan Botha, deeltydse predikant, 04.08.2022)

HOËVELD

EMERITAAT

Ds JH (Henk) Boshoff het sy Akte van Emeritaat op Sondag 31 Julie 2022 ontvang tydens ’n afskeidserediens in die NG Gemeente Standerton-Wes. (Jeanetta Saayman, Administratiewe Beampte, 10.08.2022)

BEVESTIGING

Ds Francois Christiaan Victor (Tiaan) van Heilbron-Suid het die beroep as leraar aanvaar na NG Gemeente Standerton-Wes. Sy intreepreek het op Sondag 7 Augustus 2022 plaasgevind. (Jeanetta Saayman, Administratiewe Beampte, 10.08.2022).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top