Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds LC (Lourens) Bester van die NG Gemeente Wellington het ’n beurs gekry om in Nederland verder te studeer. Hy lewer op 4 September sy afskeidspreek en maak amptelik op 9 September klaar by die gemeente. Foto: Verskaf

Amptelike Nuus 2 September 2022

E-pos kennisgewings vir Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.

BEROEP

Ds WF (Wimke) Jurgens van Sydenham na Goodwoodpark; ds T (Tertius) Lamprecht van Bethlehem-Efrata na Riversdal-Wes.

AANVAAR

Prop E (Edward) Kruger na Amsterdam; ds T (Tertius) Lamprecht van Bethlehem-Efrata na Riversdal-Wes; ds N (Nola) Malan na Paulpietersburg; ds JJ (Johannes) Nortier van Agter-Paarl na Wellington.

WES-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds W (Wilmar) Matthee van die NG Gemeente Oudtshoorn-Noord het op 28 Augustus 2022 geëmeriteer. (Ds Andre Orffer, Skriba van die Ring van Oudtshoorn, 29.08.2022).

AFSKEID

Ds LC (Lourens) Bester van die NG Gemeente Wellington het ’n beurs gekry om in Nederland verder te studeer. Hy lewer op 4 September sy afskeidspreek en maak amptelik op 9 September klaar by die gemeente. (Suzanne Brand, Kerkkantoor, 01.09.2022).

BEVESTIGING

Ds DF (Dawie) Theron is bevestig as tentmaker-diensleraar by die NG Gemeente Wellington op 21 Augustus 2022. Die bevestiging is hanteer deur sy seun ds Dawfré Theron van Toringkerk. (Suzanne Brand, Kerkkantoor, 01.09.2022).
Ds JJ (Johannes) Nortier van Agter-Paarl het die beroep aanvaar na die NG Gemeente Wellington. Hy word op 4 September bevestig en lewer sy intreepreek op 11 September. (Suzanne Brand, Kerkkantoor, 01.09.2022).

RINGSITTING

Die 59ste gewone vergadering van die Ring van Wynberg sal op 11 en 12 September 2022 te Vishoek-gemeente plaasvind. (Dr Johan van den Heever, 29.08.2022).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Ds Nola Malan word op 2 OKtober 2022 by die NG Gemeente PAULPIETERSBURG bevestig. Ds. Johan van der Merwe sal die bevestiging waarneem. (Yolanda Pienaar, Saakgelastigde, 02.09.2022)

NOORDELIKE

BEVESTIGING

Ds WD (Willie) Schoeman van die NG Gemeente Alexandria is op 21 Augustus 2022 bevestig as leraar van die Dutch Reformed Church of Zambia.

OOSTELIKE

BEVESTIGING

Prop Edward Kruger van Bloemfontein het die beroep as leraar na Amsterdam aanvaar, effektief van 1 September 2022. Die bevestiging vind plaas op Saterdag 10 September en sal deur ds Meyer van Wyk, die gemeente se konsulent, behartig word. Sy intreepreek is op Sondag 11 September. (JPJ Naudé, Voorsitter: Kerkraad, 29.08.2022).

NAMIBIË

RINGSITTING

Die 11de gewone sitting van die Suidelike ring van Namibië vergader van 7 tot 10 September te Keetmanshoop. (G Liebenberg, Ringskriba, 01.09.2022).

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top