Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Eensgesindheid en vrede

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ewald Scheffler van Mosselbaai skryf: Dat daar samewerking is met Lutherane is goeie nuus. Luther het gesê uit dankbaarheid hou ’n mens by jou geloofsvertroue in Jesus. Hy het nie “goeie werke” verkondig nie. Hierdie verskil is voorheen beklemtoon en staan seker nader aan die middel van sake as die huidige verskil oor inklusiwiteit. My oupa (’n Lutherse pastor) se ses kinders het almal oorgekom na die NG Kerk met die ondersteuning van hulle pa. ’n Jonger vriend het ook getrou met iemand in die NG Kerk. Haar pa was ’n predikant. Die vriend het ’n Metodis gebly. Daar was ook eensgesindheid en vrede in hulle huis en die kinders het hulle pa se anderse kerkverband ten volle aanvaar. Mense hanteer situasies verskillend.

Dinge hoef nie altyd dieselfde te bly nie. Luther het Openbaring teensinnig in sy Bybelvertaling opgeneem. Hy wou dit in die rivier gooi! In heelwat later jare het hy tog daaruit aangehaal. Calvyn het kommentare oor die hele Nuwe Testament geskryf, behalwe Openbaring. Vandag het ons die allesomvattende boek oor Openbaring van Jan du Rand. Lutherse kerke vier die genade in Calvyn se lewe op 27 Mei, sy sterfdatum. – Brief verkort. Red

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top