- Hierdie kennisgewings is op 23 September 2022 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.
BEROEP
Ds A (Anje) Zeeman van Driehoek na Welbekend.
AANVAAR
Ds WF (Wimke) Jurgens van Sydenham (Gqeberha) na Goodwoodpark; ds DJ Kleynhans van Jan Kempdorp na Secunda-Goedehoop; ds Ruan Nieuwenhuizen van Sutherland na Somerset-Oos.

LEGITIMASIE
Ds Theodore Emil Homann van Middelburg, Mpumalanga is na colloquium doctum gelegitimeer op 11 September 2022 in die NG gemeente Middelburg-Suid. Die legitmasie is waargeneem namens die ATP deur dr Tertius Erasmus. Ds Homann se kontaknommer is 013 243 4804 of 071 292 5533 en e-pos theohomann@gmail.com.
OOS-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Ruan Nieuwenhuizen het die beroep na Somerset-Oos aanvaar en sluit by die gemeente aan op 1 Oktober 2022. Sy bevestiging en intreepreek is op Sondag, 16 Oktober 2022. Die bevestiging word hanteer deur sy broer ds JR Nieuwenhuizen van Cradock-Noord. (Henry Williams, Ringskriba, 09.09.2022).
HOËVELD
BEROEP AANVAAR
Ds DJ Kleynhans van Jan Kempdorp het die beroep na NG Gemeente Secunda-Goedehoop aanvaar. (Carin Knoetze, Skriba, 23.09.2022).
