Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Jaco Strydom wil met sy nuwe boek ‘Alle sondaars welkom’ ons denke kom skuif en ons manier van leef uitdaag, maar veral ons liefde vir ander laat groei, skryf Sarizé Retief.

Strydom se boek wil ons liefde vir ander laat groei

Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom
Uitgewer: Lux Verbi Uitgewers, 2022.
Resensent: Sarizé Retief

’n Mens lag met tye uit jou maag uit vir Jaco Strydom se stories in Alle sondaars welkom. Ander tye het die verhale my in my diepste wese gekonfronteer en skaam gelaat. Alhoewel die teks redelik maklik lees, word daar diep en swaar sake aangespreek. Dié boek bied ’n spieël vir selfondersoek aan gelowiges wat dikwels vergeet om ons aandag te bepaal by die manier waarop ons liefhet.

Koop dié boek by ons e-winkel: Kliek hier

Dit is opvallend hoe maklik en gemaklik ons grense opstel om ander uit te sluit, dikwels onder die vaandel van liefde en Christenskap. Tog is die uitnodiging dat ons ander eerder moet insluit, sonder vrae en onderskeid. Die kuns wat Jesus bemeester het, was om eerder nog ’n plek te dek aan die tafel, sodat daar plek is vir elkeen – die uitgeworpenes en die godsdienstiges.

Gelowiges het ’n verantwoordelikheid om grense te bly uitdaag, om dit wat ons glo en bely eerder te gaan leef as te preek. Uiteindelik spreek ons dade harder oor ons liefde vir Jesus.

Strydom wil jou uitdaag en uitnooi om meer te leef saam met mense wat op die kantlyn leef, hulle met wie ons nie eintlik wil assosieer nie. Juis daar gaan ons Jesus se liefde vind en uitleef. Alle sondaars welkom wil ons denke kom skuif, ons manier van leef uitdaag, maar veral ons liefde vir ander laat groei.

Hierdie boek is gepak met kosbaarhede. Onderneem die leesreis om ook jou eie ontdekkings te maak. Ek sien uit na die volgende boek uit Strydom se pen.

Koop die boek hier.

  • Ds Sarizé Retief is predikant op Aggeneys in die Boesmanland, Noord-Kaap.
  • Die berig is aangepas na plasing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top