Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wicus Luwes skryf: Die verskil tussen stories en getuienisse

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Wicus Luwes van Richardsbaai skryf: Ek het eenmaal n geleentheid bygewoon waar ons na mense se stories gaan luister het. Aan die begin het ek gewonder hoekom die mense dit stories noem en nie getuienisse nie , soos wat ek gewoond was om in n kerk te hoor.

Ek som dit as volg op. Stories verwys gewoonlik na gebeure wat nie vir God insluit nie, maar eerder net oor mense handel. Dit word ook gewoonlik gebruik om emosionele reaksie te ontlok. Getuienisse daarteenoor verwys na geleenthede waar mense met God te doen gekry het en besef het dat iets nie slegs toevallig met hulle gebeur het nie. Getuienisse verwys dan verder na plekke waar daar n verandering in hulle geestelike lewe plaasgevind het. Ek wonder of ek gemaklik sou wees in n kerk waar daar meer stories vertel word, eerder as getuienisse gelewer word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Wicus Luwes skryf: Die verskil tussen stories en getuienisse”

  1. Francois Deyzel

    Dankie Wicus. Jy verwoord my gedagtes baie goed. Ek was al so in die war met hierdie storie storie. Gedink dis iets in die sekulere wêreld ipv die Kerk.

Comments are closed.

Scroll to Top