Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Wicus Luwes van Richardsbaai skryf: Ek het eenmaal ’n geleentheid bygewoon waar ons na mense se stories gaan luister het. Aan die begin het ek gewonder hoekom die mense dit stories noem en nie getuienisse nie , soos wat ek gewoond was om in ’n kerk te hoor.
Ek som dit as volg op. Stories verwys gewoonlik na gebeure wat nie vir God insluit nie, maar eerder net oor mense handel. Dit word ook gewoonlik gebruik om emosionele reaksie te ontlok. Getuienisse daarteenoor verwys na geleenthede waar mense met God te doen gekry het en besef het dat iets nie slegs toevallig met hulle gebeur het nie. Getuienisse verwys dan verder na plekke waar daar ’n verandering in hulle geestelike lewe plaasgevind het. Ek wonder of ek gemaklik sou wees in ’n kerk waar daar meer stories vertel word, eerder as getuienisse gelewer word.
Dankie Wicus. Jy verwoord my gedagtes baie goed. Ek was al so in die war met hierdie storie storie. Gedink dis iets in die sekulere wêreld ipv die Kerk.