Vanaf Maart 2023 herposisioneer ons die gedrukte Kerkbode as ’n maandblad. Hierdie is meer as “housekeeping”. Dit is ons poging om ondanks die jaarlikse afname in inkomste (intekenaars) en verhoging in uitgawes (papier, koerierdiens) steeds ’n gehaltediens in gedrukte formaat te kan lewer, as toevoeging tot ons digitale aanbod.
Kliek HIER om in te teken op die gedrukte Kerkbode
Terwyl ons aan hierdie uitgawe werk, is ons besig met die hernuwingsveldtog vir subskripsies in 2023. Hoewel ons flink vorder en dankbaar is vir elke gemeente wat inteken, is dit vir ons belangrik dat lesers veral twee goed weet:
- Die behoefte aan betroubare en gebalanseerde kerkjoernalistiek groei by die dag.
- Jou ondersteuning stel Kerkbode in staat om voort te bou op ’n geskiedenis wat terugstrek tot Januarie 1849 toe die eerste Kerkbode verskyn het.
As leser en intekenaar het jy die mag om ’n waardevolle rol te speel in die volhoubaarheid van Kerkbode.
‘Ek lees sommer aanlyn, dankie’
Indien die digitale trekkragte jou reeds na ons aanlyn platforms gelok het, is ook dáár die geleentheid om ons redaksionele kapasiteit te versterk deur ’n finansiële bydrae te maak. Ons wil nie ’n betaalmuur rondom www.kerkbode.co.za se stories, amptelike nuus, briewe, rubrieke en vakatures oprig nie. Ons wil kerknuus toeganklik hou. Ons nooi jou uit om ’n Vriend van Kerkbode te word. Jy het twee maklike opsies om ’n verskil te maak:
- Gee ’n maandelikse donasie van R20.
- Gee ’n jaarlikse bydrae van R240.
Dit is ’n maklike aanlyn proses. Kliek op die prentjie hieronder en volg die stappe.
Verkort Kerkbode Flyer (3)