- Hierdie kennisgewings is op 25 November 2022 opdateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP AANVAAR
Ds C (Clifford) James van Hopefield na Aberdeen; ds TIF (Ferreira) Marais van Weltevreden na Suider-Paarl.
WES-KAAPLAND
EMERITAAT
Ds JD Smit (Johannes Daniël) van NG Kerk Piketberg emeriteer op 30 November 2022. Die akte van demissie word op 27 November 2022 aan hom oorhandig gedurende die erediens. (Jaco Nel, Skriba Ringskommissie van Piketberg, 18.11.2022).
Ds WA (Willem) Venter emeriteer op 31 Desember 2022 vanuit die NG Gemeente La Rochelle Bellville na 29 jaar diens in die gemeente. Hy gaan in die gemeente aanbly as leraar met ’n vastetermynkontrak. Sy bediening in die gemeente word op 27 November gevier wanneer hy ook dan sy Akte van Emeritaat ontvang. (Ds Wouter Olivier, skriba Ring van Bellville, 21.11.22).
BEVESTIGING
Ds Ferreira Marais van NG Weltevredenpark, is op Sondag, 13 November 2022 deur ds Theo Hay as leraar van NG Suider-Paarl bevestig. Ds Ferreira Marais het ook sy intreepreek gelewer. (Madeleine Fourie, Administratiewe beampte, 21.11.2022).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Clifford James van NG Hopefield het die beroep na NG Aberdeen aanvaar. (Danie van der Westhuizen, ouderling, 20.11.2022).
GOUDLAND
EMERITAAT
Ds Nico Roux van NG Makwassie het op 27 November 2022 sy akte van demissie by emeritaat ontvang (geldig vanaf 1 Desember 2022). Hy bly werksaam in die gemeente Makwassie met ’n een jaar vastetermynkontrak. (Christine Koegelenberg, Skriba-kassier, 25.11.2022).
