-
- Hierdie kennisgewings is op 2 Desember 2022 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop C (Christine) Venter na Parow-Panorama.
AANVAAR
Ds PF (Francois) Maritz van Hayfields na Wellington, ds Q (Quinton) Nel van Heidelberg na Burgersdorp, ds AL (Riaan) Steyn van Rustenburg-Suid na Hartebeestfontein.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds PF (Francois) Maritz het die beroep na Wellington-Moedergemeente aanvaar. Hy word bevestig op 22 Januarie 2023 en lewer sy intreepreek op 5 Februarie 2023. (Suzanne Brand, Administrasie, 28.11.2022).
BEROEP
Prop C (Christine) Venter is as medeleraar met ’n vastetermynkontrak na NG Gemeente Parow-Panorama beroep. (Johann Vos, skriba Ring van Tygerberg, 01.12.2022).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Quintin Nel het die beroep na NG Burgersdorp aanvaar. Akte van Demissie word op 11 Desember 2022 aan hom oorhandig. (Riana van der Merwe, Skriba, 01.12.2022)
GOUDLAND
BEVESTIGING
Ds Riaan Steyn van NG Rustenburg-Suid het die beroep na NG Hartebeestfontein aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek vind DV 15 Januarie 2023 tydens die oggenddiens plaas. (Daleen Stephens, Skriba, 02.12.2022).
SAAMGESMELT
Die kerkgebou van NG Gemeente Peacehaven is verkoop aan Reach Out Ministries. NG Gemeente Peacehaven is ingelyf by NG Gemeente Drie Riviere-Oos en hulle gemeentegrense is dus ook nou verbind. (Ds CCJ Olivier, Ringskriba, Ring van Vereeniging, 01.12.2022).
NISSIES GESKUIF
NG Gemeente Peacehaven se nissies vir veraste gestorwenes word geskuif na NG Gemeente Drie Riviere-Oos. Geliefdes van die betrokke oorledenes moet asseblief vir ds Chris Olivier kontak by 016 423 3130 / 082 518 0852 as hulle die nissies self iewers anders wil insit. As families niks laat hoor nie word die nissies outomaties geskuif na NG Gemeente Drie Riviere-Oos. (Ds Chris Olivier, Leraar, 01.12.2022).
