- Hierdie kennisgewings is op 9 Desember 2022 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds CC (Christo) Klopper (emeritus) vroeër van Brackenfell-Wes na Bybelgenootskap as tentmaker; dr CN (Chris) Malan van Kleinmond na Bybelgenootskap as tentmaker; prop Karla Smit na Lambertsbaai.
AANVAAR
Prop GEH (George) Matthee na Meerensee.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Die Algemene Taakspan Bybelvertaling benoem die volgende twee leraars om in diens geneem te word deur die Bybelgenootskap as tentmakers:
Ds Christo Klopper vroeër van NG Brackenfell-Wes.
Dr Chris Malan van NG Kleinmond.
(Prof Lodewyk Sutton, ATBV, 05.12.2022)
Prop Karla Smit is beroep na Lambertsbaai. (Irna Spangenberg, Saakgelastigde, 09.12.2022).
OOS-KAAPLAND
EMERITAAT
Ds Armand Crous van Patmos-gemeente in Port Elizabeth het op 30 November 2022 geëmeriteer. Hy het ’n tydelike aanstelling tot einde Februarie 2023 by dieselfde gemeente aanvaar. (Elizna Milne, Skriba, 05.12.2022).
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Prop GEH (George) Matthee het die beroep aanvaar na NG Meerensee. Hy word aangestel vanaf 1 Januarie en die bevestiging vind plaas op 21 Januarie met sy intreepreek op 22 Januarie. (Annolien Liebenberg, Kantoorbestuurder, 07.12.2022).
