Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Belangrik om te kyk na ‘raamwerk’ van redes vir dalende lidmaatgetalle

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Albin Bowler van Bellville skryf: Arnold Griesel se brief van 2 Desember 2022 (‘Arnold Griesel skryf: Is welwillende uitkoms moontlik met spanning tussen lidmate wat anders glo?’) verwys. Ek is bly dat hy die saak van dalende gemeentelede in die NG Kerk aanspreek. Ongelukkig poog hy om die dolerendes se siening te staaf met sy interpretasie van die statistieke.

A. Statistieke:
Wat vertel die statistieke, sodat ons op die werklike gevare vir die NG Kerk kan fokus, pleks van op randsake.
1. Die wit bevolking se getalle is 4 662 459 (volgens StatsSA se 2021 middeljaar bevolkingskattings) of afgerond tot 4 662 000.
2. Tydens die periode 1986-2021 het die wit bevolking se getalle gedaal met bykans 300 000 (1982: 4 961 000 tot 2021: 4 662 000 = 298 541).
3. Tydens dieselfde periode het die getal lidmate van die NG Kerk gedaal met ’n verstommende 708 950 (1986: 1 400 000; 2021: 691 050). Dit is ’n geweldige daling (meer as dubbeld) in vergelyking met die daling in getalle van die wit bevolking!
3.1 Tydens die periode 1986-2001 het die getal lidmate van die NG Kerk gedaal met 34,3% (1986: 1 400 000 tot 2001: 919 790 = 480 950).
3.2 In die volgende periode 2001-2021 het die getal lidmate van die NG Kerk gedaal met ’n verdere 25% (2001: 919 790 tot 2021: 691 050 = 228 740).
4. Skrywer verwag ’n verdere daling tot 2040 van minstens 10%. Indien die dolerendes sou afstig, mag die daling in wit lidmate moontlik tot soveel as 25% lei.
5. Aan die ander kant, gaan meer en meer swart lidmate aansluit by die NG Kerk. Skrywer wil hom nie uitspreek oor ’n skatting in dié verband nie.

B. Interpretasie van statistieke:
Griesel is korrek as hy noem dat die afname in die wit bevolking nie ’n belangrike rede vir die groot afname in lidmaatgetalle is nie – die syfers toon dit. Dr Claassen is egter korrek as hy noem dat daar ’n raamwerk van redes is. Ek fokus op twee belangrike redes vir die daling (daar is verskeie ander redes, bv immigrasie en dalende geboortes):
a. Baie lidmate is skaam vir die Apartheidsbeleid wat destyds deur predikante Bybels gefundeer is. Hulle het hulle vertroue verloor in die NG Kerk se liefdelose diskriminerende sienings en uitsprake. Baie mense is selfs skaam om hulleself as Afrikaners te onderskei.
Diegene wat nog steeds glo in ’n drie-enige God, veral die jonger geslag, het by ander denominasies gaan aansluit wat nie die apartheidsbagasie dra nie.
b. Vele lidmate het afvallig van God geraak – deesdae mode om jouself ’n ateïs te noem.

Toe lidmate meer as tien jaar gelede in opstand gekom het oor Belhar (weens onbybelse politieke manipulasie), het die OGOD groep ((Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie) fluks onder die jeug gewerk om ateïsme te bevorder.

  • Brief verkort.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top