Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Arnold Griesel van Bethulie skryf: Is welwillende uitkoms moontlik met spanning tussen lidmate wat anders glo?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Arnold Griesel van Bethulie skryf: Die brief van ds Dubois du Toit verwys. Die Algemene Sinode se implementering van ’n ‘Ruim Huis’-filosofie (waar diverse geloofskeuses in die NG Kerk voorgestaan word) mag dalk lidmate trek en behou (nuwes bykry) maar ook bestaandes, wat suiwer gereformeerde leer aanhang, wegdryf.

Het die wyse waarop die AS die heilsleer hanteer die status en geloofwaardigheid van die NG Kerk beïnvloed? Het die ondersteuningsbasis in terme van lidmaatskap verander?

Sedert 1986, in die bestek van so drie en ’n half dekades, neem die lidmaattalle met ongeveer 709 000 af, volgens statistiek in kerkbronne. Die tendens duur die laaste 20 jaar voort.

LEES OOK: Die oogmerk van die NG Kerk se ‘droomscenario’

In ’n 2019-artikel hieroor in Kerkbode, word dr Gustav Claassen aangehaal hieroor. ’n Mens moet volgens Claassen die voortgesette afname in lidmate binne ’n ‘raamwerk van redes’ sien. Hy sê emigrasie en ’n dalende geboortesyfer in tradisionele voedingsgemeenskappe van die NG Kerk dra daartoe by dat die aantal belydende lidmate verlede jaar met 20 812 afgeneem het.

Maar, is dit werklik so?

Onderstaande grafiese evaluasie belyn Kerkbode se statistiek met Stats SA se demografiese data en toets dit dan verder met Claassen se rasionaal:

Bron: Arnold Griesel

Wat dit ons vertel:

  • Die aanname dat die afname in lidmaatgetalle veral te doen het met die inkrimping van wit bevolkingsgetalle hou nie water nie, die amptelike empiriese vergelykende syfers van 2001 (4,43 milj) teenoor 2021 (4,62 milj) weerspreek dit. Die redes van lidmaatinkrimping moet dus eerder in Claassen se oorblywende “raamwerk van redes” gesoek word.
  • Dit is duidelik al minder Afrikaanssprekendes, vir watter redes ook al, maak van die NG Kerk gebruik as hulle kerk – vanaf 47% lidmaatskap van die blanke Suid-Afrikaanse blanke bevolking in 1986 na net 25% teen 2019.

Wat dit ons (nog nie) vertel nie:

  • In watter mate die AS (NG Kerk se leierskap) se verontagsaming van Skrifgesag gemanifesteer word in die afname en vervreemding van die ondersteuningsbasis.
  • Hoe skerp die trajek van lidmaatskapgetalle verder sal daal, sou die protes en misnoeë van die byna 100 gemeentes wat in protesaksies gedistansieer is van die AS, tot wasdom ontplooi.
  • Die momentum van erodering van kapasiteit van Woordverkondiging wat toenemend binne die NG Kerk plaasvind.

In ’n onlangse Kerkbode-berig, lig ’n tabel (sien onder) met die jongste Kerkspieëldata die sluier hieroor in ’n tabel oor die afname in predikantsposte.

 

Die “liberale groepering” binne die NGK leef die “Droom-scenario 2030” na en die “behoudende groepering” het skuilplek vir die uitleef van hulle geloof gevind in “doleer” en ander aksies.

Tans is die vooruitsig van “Droom-scenario 2030” vir liberaalgesindes ’n visionêre droom, vir die behoudendes ’n donker nagmerrie.

Die Vrystaatse spesiale sinode mag dalk ’n aanduiding gee van of ’n Christelike welwillende uitkoms moontlik is.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top