Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kommer oor Ramaphosa se woorde by kranslegging

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds (dr) Dawie Botes van Welkom skryf: Die berig van 5 Januarie 2023 “Cyril doen kranslegging vir oud-ANC-leiers in Vrystaat” (Netwerk24) het betrekking.

Dit was vir my ’n groot skok om te lees dat pres Ramaphosa sê dat die beendere in die grafte van mense wat voorheen presidente van die ANC was vir ons die pad moet wys vorentoe. Graag rig ek ’n profetiese waarskuwing aan hom om dit nie te doen nie.

Die Woord van die Here verbied dit uitdruklik. Die Bybel verwys daarna as afskuwelike praktyke, as walglik in die oë van die Here, ’n ou woord is, dit is ’n gruwel in die oë van die Here. Die Here se seën kan nie rus op ’n land waar die leier van die land die Here uittart nie. Die president moet dit bely en hom bekeer van verkeerde optrede. Roep eerder die lewende drie-enige God aan, pres Ramaphosa.

Dit is geen wonder dat ons land byna in totale ineenstorting is nie. Mag die Kerk die moed hê om nie bang te wees vir die regering se verkeerde optrede nie. Mag die Kerk se profetiese stem weer helder word daar waar dit begin stil raak en soms net te veel politiek korrek wil wees.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top