Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 27 Januarie 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 27 Januarie 2023 opgedateer.
  • Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za

BEROEP

Ds S (Suléne) du Toit van Fraserburg na Bellville-Uitsig; ds NF (Francois) Jonker van Bospoort na Heidelberg, Gauteng; ds JP (Jaco) Rossouw van Omaruru na Hentiesbaai.

AANVAAR

Ds B (Bernice) Koekemoer van Piet Plessis na Kimberley-Vooruitsig; ds H (Hendrien) van Vliet van Fort Beaufort na Kempton-Hoogland.

WES-KAAPLAND

BEROEP

NGK Bellville-Uitsig het ds Suléne du Toit van NGK Fraserburg op Donderdag 19 Januarie 2023 beroep. (Amanda Visser, admin beampte, 23.01.2023).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Clifford James van Hopefield word op Sondag 5 Januarie 2023 om 11:00 in die NG Gemeente Aberdeen bevestig, waarna hy sy intreepreek lewer. (Evert de Kock, aflosleraar, 24.01.2023).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds B (Bernice) Koekemoer van NGK Piet Plessis het die beroep na NGK Kimberley-Vooruitsig aanvaar. Sy word op 5 Februarie 2023 bevestig en lewer haar intreepreek op 12 Februarie 2023. (Lynette Strydom, Skriba, 24.01.2023).

HOËVELD SINODE

EMERITAAT

Dr Jurie Schoeman van NGK Aan-die-berg gemeente het sy akte van demissie einde Januarie ontvang. Hy het reeds geëmeriteer en maak nou met sy tweejaarkontrak klaar. (Yolandi Kok, Skriba: Ring van Linden, 25.01.2023).

Dr CJJ (Kobus) Stegmann van NGK Bryanston emeriteer einde Februarie en ontvang sy akte van demissie van die Ring tydens ’n kerkraadsvergadering op 26 Februarie. (Yolandi Kok, Skriba: Ring van Linden, 25.01.2023).

BEROEP

Ds NF (Francois) Jonker van die NGK Bospoort is tydens die kerkraadsvergadering van die NGK Heidelberg, Gauteng op 22 Januarie 2023 as medeleraar na die gemeente beroep. (Riana Hendriksz, gemeentekoördineerder, 23.01.2023).

AANVAAR

Ds Hendrien van Vliet van Fort Beaufort het die beroep na NG Kempton-Hoogland aanvaar. (Jeanine Hepburn, leraar, 23.01.2023).

OOSTELIKE SINODE

EMERITAAT

Ds JH (Hannes) Grobler het op 29 Januarie 2023 sy afskeidspreek in NG Witbank-Vallei gemeente gelewer. Hy het ook op daardie dag sy Akte van Emeritaat ontvang. (Ds Marius Nel, Skriba: Ring van Witbank, 25.01.2023).

BEVESTIGING

Ds LPJ (Louis) Cloete is op 15 Januarie 2023 in Basileia (Witbank-Klipfontein) gemeente as voltydse vastetermynleraar bevestig. (Ds Marius Nel, Skriba: Ring van Witbank, 25.01.2023).

Ds PJG (Jaco) van Niekerk, van NG Moedergemeente Ermelo, is op 15 Januarie 2023 in die NG Kerk Malelane as leraar bevestig. Ds Natasha Nel van die Ring van Barberton het die bevestiging waargeneem. (Anánja Steenkamp, Saakgelastigde, 26.01.2023).

NAMIBIË

BEROEP

Ds JP (Jaco) Rossouw van NGK Omaruru het ’n beroep na NGK Hentiesbaai ontvang. (Corrie Theron, gemeentebestuurder, 27.01.2023).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top