Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 3 Februarie 2023

BEROEP
Ds H (Heinrich) Carstens van Port Elizabeth-Lorraine na Kleinmond, ds J (Annatjie) Marais van Algoapark na Fraserburg, prop PI (Pieter) Nel na Bredasdorp.

AANVAAR
Ds JP (Jaco) Rossouw van Omaruru na Hentiesbaai.

WES-KAAPLAND
BEROEP
NG Kerk Kleinmond het tydens die beroepingsvergadering van 26 Januarie 2023 vir ds Heinrich Carstens van NG Kerk Lorraine in Port Elizabeth aangewys as die persoon wat in die voltydse leraarspos beroep gaan word. (Nienie Burger, Bedieningsbestuurder, 31.01.2023).
Prop Pieter Ignatius Nel is beroep na Bredasdorp gemeente in ’n termynpos. (Elna Geldenhuys, skriba, 01.02.2023).
Ds Annatjie Marais van Algoapark in Port Elizabeth is beroep na Fraserburg, soos op Donderdag 2 Februarie tydens die kerkraadsvergadering se verkiesing. (Mariet van Wyk, Skriba, 03.02.2023).

SINODE KZN
GEMEENTEVERJAARDAG
Op 16 Junie 2023 is die NG Gemeente Bergsig, Newcastle 50 jaar oud. Dit is ’n vakansiedag en hul beplan om die langnaweek van 16-18 Junie behoorlik fees te vier.  Alle oud-lidmate van Bergsig word uitgenooi om die naweek te kom feesvier om al die ou vriendskapsbande weer te hernu. Stuur asseblief kontakbesonderhede aan Laetitia by die kerkkantoor: skriba@bergsignewcastle.co.za of bel 087 527 0623. (Gawie van Jaarsveld, Voorsitter: Feeskomitee, 01.02.2023).

VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ds Phillip Garbers is in NG Kerk Bultfontein-Oos bevestig op 29 Januarie 2023. Die gemeente verwelkom ds Garbers en sy gesin met ope arms.

OOSTELIKE SINODE
EMERITAAT
Ds Jurgens de Jager het op 31 Januarie 2023 geëmeriteer. Sy afskeidsdiens het op 29 Januarie plaasgevind. (JZ de Jager, Skriba: Ring van Barberton, 01.02.2023).
Ds Eddie le Roux het op 31 Januarie 2023 geëmeriteer. Sy afskeidsdiens het op 29 Januarie plaasgevind. (JZ de Jager, Skriba: Ring van Barberton, 01.02.2023).

NAMIBIË
AANVAAR
Ds JP (Jaco) Rossouw van NGK Omaruru het die beroep na NGK Hentiesbaai aanvaar. (Corrie Theron, gemeentebestuurder, 01.02.2023).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top