- Hierdie kennisgewings is op 10 Februarie 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds J (Juanita) Greyvenstein van Maitland Gemeenskapskerk na Krugerwildtuin; ds Philippus Rudolf (Rudi) Janse van Rensburg van NHK Weltevreden na Petrusburg; dr Ronel Meylahn van Dresden, Duitsland (vroeër van Universiteitsoord) na Pretoria-Faerie Glen.
AANVAAR
Ds S (Suléne) du Toit van Fraserburg na Bellville-Uitsig.
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Suléne du Toit van NG Kerk Fraserburg het die beroep na NG Kerk Bellville-Uitsig aanvaar. (Amanda Visser, admin beampte, 06.02.2023).
BEVESTIGING
Ds Petrus Jacobus (Jaco) Nel van Koringberg is op 8 Januarie 2023 bevestig as leraar van die NG Kerk Porterville. Die bevestiging is waargeneem deur dr Pieter van Heerden. Ds Nel se intreepreek was op Sondag 15 Januarie 2023. Die gemeente van Porterville wens ds Jaco ’n geseënde en vreugdevolle bediening toe. (Anchen Barnard, Skriba, 09.02.2023).
Op Saterdag 4 Februarie 2023 is ds Christoff Koch bevestig as brugleraar vir die gemeentes Boesmanland en Simon van der Stel. (Catherine Hayes, Skriba, 08.02.2023).
OOS-KAAPLAND
GEMEENTEVERJAARDAG
Kraggakamma-gemeente vier 50 jaar jubelfees! Ons groot feesnaweek is van 3 tot 5 Maart 2023. Almal word hartlik uitgenooi om hierdie feesnaweek saam met ons te spandeer. Die volledige program is op ons web- en Facebookblad beskikbaar. Indien jy enige navrae het, kontak ons by 041 360 1484 of kerkkantoor@ngkraggakamma.co.za. (Ds Toit Wessels, Leraar, 07.02.2023).
VRYSTAAT SINODE
BEROEP
Die kerkraad van NG Kerk Petrusburg het besluit om ds Philippus Rudolf (Rudi) Janse van Rensburg van NHK Weltevreden te beroep. (Madette Lombaard, Skriba, 10.02.2023).
OOSTELIKE SINODE
BEROEP
Ds J (Juanita) Greyvenstein van Maitland Gemeenskapskerk is beroep na Krugerwildtuin-gemeente. (Ryk van Velden, Voorsitter: Kerkraad, 06.02.2023).
Dr Ronel Meylahn van Dresden, Duitsland is beroep na Pretoria-Faerie Glen. (Suzette Lategan, Gemeentekoördineerder, 09.02.2023).
